advertisement
Question
Posted by: Jenn | 2013-01-30

Katjies piepie op bed en skree vir nog kos

Hallo dokter
Ek wil graag uitvind of daar dalk ''n rede sou wees vir my probleem.
Ons het onlangs twee katjies aangeneem. Hulle was 8 weke oud toe. Hulle is nou 3 maande oud.

Hulle het twee bakke met catlitter. Een in huis en een buite en ek maak dit twee keer ''n dag skoon en vervang die sand gereeld. Hulle doen ook nou en dan hulle besigheid buite.
Een van hulle het 5 uur vanoggend op ons bed gepiepie.

Hulle maak my elke oggend tussen 4 en 5 wakker deur aan die bed te krap of hulle byt my fingers of kom lek my gesig. As ek dan opstaan dan hardloop hulle dadelik kosbakke toe dan gee ek maar vir hulle. Hulle kry Hills for kittens.

Ek begin hulle nou ignoreer as hulle so vroeg al pla, maar kan dit dan die rede wees hoekom een nou op die bed gaan piepie het?

Nog ''n probleem is dat hulle skree vreeslik hard as hulle klaar geeet het. Ek gee vir hulle klaar bietjie meer as die voorgestelde deel. Ek deel dit vir oggend en aand. En hulle het twee keer ''n dag vars water. Wat kan die rede wees. Ek gee nie vir hulle extra kos as hulle so skree nie. Ek hou hulle dan eerder besig en dan lyk my vergeet hulle daarvan. Maar die piepie pla my baie. Hulle is reeds ontwurm.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberVet

Ontoepaslike uitskeiding (urinering en/of
ontlasting) is ’n baie algemene gedragsprobleem
by katte. Dit is ook ’n baie komplekse
probleem en ek sou aanraai dat jy met ’n
professionele dieregedragskundige konsulteer.
Die probleem kan in die meeste gevalle
opgelos word met relatief min moeite.
Hierdie gedrag het gewoonlik te doen met
iets wat die kat bang of senuweeagtig maak,
meestal verhoudings met ander katte. Dit
kan ook wees dat óf die plek waar die kat
moet ontlas óf die substraat (die soort oppervlak
bv. gras, grond of sand) die kat om
die een of ander rede nie aanstaan nie. Persiese
katte is bv. vol fiemies oor die substraat
en verkies dikwels ’n fyn, poeierige
tipe sand bo enigiets anders.
Katte in ’n huishouding intimideer mekaar
soms sodat die slagoffer bang is om te gaan
ontlas waar die ander kat kan sien. Maak
seker dat die kat maklike toegang het tot
meer as een toiletplek, bv. deur ’n venster
na die voortuin en deur die agterdeur na die
agtertuin.
Eksperimenteer met verskillende soorte
sandbakke, sand en plekke waar die bak
staan. Gee die kat ook meer as een eetplek
en baie toegemaakte rusplekkies (bv. ’n
kartondoos of ontwerper-katbed). Maak
gebruik van vertikale ruimte, bv. bo-op rakke
of kaste. Angstige katte hou van hoogte
omdat dit hulle ontsnapkans gee. As die
katte nie aanhoudend met ander katte hoef
mee te ding vir toegang tot belangrike
bronne (eetplek, slaapplek, toilet) nie, word
hulle rustiger en minder gespanne. Maak
deeglik skoon waar die kat gemors het.
Praat met jou veearts oor die gebruik van
sintetiese kat-feromone.
Moenie met die kat baklei nie. Raas en straf
sal glad nie help nie en sal inderdaad die
probleem vererger. (Inligting met komplimente van Dr Sunelle Strydom uit "Vra die veearts".)

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement