advertisement
Question
Posted by: marietjie | 2012-12-04

katjie hardlywig???

hi dok, ek hoop u kan my gerusstel. Ons kat het ongeveer 6 weke gelede 7 katjies gehad waarvan slegs 2 tans nog leef. Alles het goed gegaan tot so paar dae gelede - die enetjie het baie swaar begin loop in so ''n mate dat die agterbeentjies half geswik het onder hom. Vlg veearts is hy hardlywig en is hy ontwurmingspilletjie gegee - hy drink nog aan die mamma, eet vaste kos voorgeskryf deur die dr, kry .5ml paraffienolie - dis nou 2 dae later en is baie klein bietjie beter, maar die ander enetjie het gister met selfde simptome opgestaan. Hulle ondervind lyk my geen pyn nie slegs ongemak, is vol lewe en spelerig, maar as dit by die loopaksie kom is dit geweldig moeilik, so half of hulle agterlywe onder hulle intrek en met boggel op rug loop. Dr vermoed hardlywigheid maar kan dit so lank duur en die simptome veroorsaak, indien wel hoelank gaan die arme goedjies nog so aangaan. ons tel gereeld op en masseer die magies en ruggie vir stimulasie- ek wil net noem dat 2 veeartse dieselfde diagnose gemaak het, maar waarom dan nie die bolla aanhelp nie? Dankie baie ek wag op u antwoord.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberVet

Ek sal graag meer geskiedenis wil hê. Het die ander katjies wat gesterf het dieselfde simptone getoon?
My groot bekommersnis is dat dit dalk ‘n genetiese aangebore defek is.
Dit kan ook ‘n vitamiene tekort wees as hulle dalk ( Mamma inkluis) nie die regte voiding gekry het nie.
Ek sal voorstel dat jy van die Liq. Paraffien so ‘n ml. in die anus toedien as enema en dat jy vir hulle daagliks so 1 ml. Laxapet of Animalax per os gee wat ook sal help indien dit hardlywigheid is. (Die middles bevat ook vitamienes en jy kan dit by jou veearts oor die toonbank kry)
Sterkte en ek hou duim vas dat jy die tweetjies deurtrek.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: shantel | 2015-10-24

hello help asb klein katjie nog naeltjie string aan gee melk wat veearts gese het ek moet hy n week laas gebollie moan baie as ek vee dat hy bollie en s anus bloei effens asb help

Reply to shantel
Posted by: Lizette | 2015-10-05

Môre, my 5 katjies is vandag 4 weke oud, drink aan die mamma, vol lewe. Wanneer en hoe maak ek as hulle apart van die mamma moet melk kry en vaste kos/pilletjies. Help dis my 1ste x keer met klein katjies. My epos is lizette_soontiens@yahoo.com

Reply to Lizette
Posted by: Anonymous | 2014-12-23

My kat is ook hardlywig sy eet baie pille en drik water maar sy wil nie poef nie.......sy piepie net sy is so 8 maande out ons het haar na die vet toe gevat want sy het ook gebraak tie spuit hy antie beotika en iets vir naarheid hy het ook vir my n pil gegee wat ek moet gee dis ook antibeotika maar sy wil nie poef nie sy piepie net sy speel die hele huis vol en gaan tekere........maar vandat sy ingespuit is is dinge baie better sy kots nie meer nie en eet en drink gereeld maar sy wil net nue poef nie is daar enige raad wat julle kan gee dat die kat kan poef?

Reply to Anonymous
Posted by: petrus | 2014-08-06

Bolla virus simtome

Reply to petrus

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement