advertisement
Question
Posted by: Magda | 2011/03/14

Katgriep

Hallo,
Ons het ''n staffie gekruis met ''n bulldog gekoop 3 weke 5 weke terug, hy is die pragtigste hondjie. Hy het nou katgriep gekry en Saterdagaand in die hospitaal gebly, vanoggend uitgekom met pille. Hy het begin speel en self geblaf maar nou is hy weer so pap dat hy niks wil doen en wil glad nie iets eet of water drink nie. Sy magie het al 4 weer gewerk. Ek het net vir hom wit rys gegee en bietjie glucose water, wat hy vanoggend geeë t het. Ek weet nie of dit.dit was wat hom weer siek gemaak het nie. Is daar iemand wat my raad kan gee wat moet ek als doen. Wat hy moet eet en die hoeveelheid Ons wil nie vir ROCKY verloor nie. ASB
Baie Dankie
Magda

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberVet

Hi Magda, julle moet maar vir Rocky so gou as moontlik weer by ‘n veearst kry! Katgriep kan baie ernstig wees en ‘n jong hondjie soos Rocky kan baie vinnig dehireer en verswak as hy diarrhoea het en nie ordentlik eet en drink nie. Dus is dit maar altyd die beste om sulke hondjies in ‘n hospitaal te behandel met ‘n drip en ondersteunende medikasie totdat hulle self goed eet en drink en die diarrhoea onder beheer is!

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Bella | 2011/03/15

Hi Magda
die veeartse hou spesiale blikkieskos aan vir diere wat diaree het, dis nogal duur maar werk regtig.

anders moet jy gekookte hoender en rys gee (sonder enige sout of speserye), bly liewers weg van enige iets met suiker in.

Hulle neem nogal lank om oor dit te kom - gee hom ten minste ''n week.

Reply to Bella
Posted by: Chill | 2011/03/14

Wat jy moet doen is jou veearts bel, se wat gebeur het, en laat hom vir jou se wat hy aanbeveel. Hy ken die hondjie en weet wat sy toestand is/behoort te wees, en hy kan vir jou die nodige vrae stel om ''n oordeel te vorm.

Mense vergeet baie keer veeartse het telefoons en is bereid om hulle pasiente ook mondeling te help - dis nie dat jy probeer om ''n ''freebie'' te score nie - jy het advies nodig en die allerbeste is om dieselfde deskundige te raadpleeg wat alreeds vir die hondjie behandel.

Baie sterkte - laat weet wat gebeur!

Reply to Chill
Posted by: CyberVet | 2011/03/14

Hi Magda, julle moet maar vir Rocky so gou as moontlik weer by ‘n veearst kry! Katgriep kan baie ernstig wees en ‘n jong hondjie soos Rocky kan baie vinnig dehireer en verswak as hy diarrhoea het en nie ordentlik eet en drink nie. Dus is dit maar altyd die beste om sulke hondjies in ‘n hospitaal te behandel met ‘n drip en ondersteunende medikasie totdat hulle self goed eet en drink en die diarrhoea onder beheer is!

Reply to CyberVet

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement