advertisement
Question
Posted by: Em | 2008/12/11

Kat mors oral in huis

Hi daar!
Ek hoop hier is iemand wat my asseblief raad kan gee. Ons het ' n 8maande oue Persiese katjie. Hy' s dierbaar en vreeslik liefdevol. Die probleem is egter dat die kat nou skielik op vreemde plekke begin mors. Gewoonlik in die middel van my bed of op my sitkamer bank! Ek is op hierdie stadium redelik moedeloos. Ek weet glad nie hoe om dit te hanteer nie, aangesien hierdie die eerste kat is wat ons as toeteldier het. Ek moet dalk noem dat hy ook die enigste kat in die huishouding is en dat hy alreeds reggemaak is ook. En dan het ek ook gewonder, ek laat hom nie alleen buite toe gaan nie, omdat ons in' n baie besige straat woon, is hy dalk gefrustreerd omdat hy nie buite toe kan gaan nie. (Hy het voorheen sy sandbokse sonder enige probleme gebruik.)
Ek sal ook baie bly wees as iemand my ' n super raad skan gee oor hoe om van hierdie ongewenste reuke ontslae te raak..

Moedelose-kat-groete

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberVet

Hallo Em

Jou kan het dalk blaasinfeksie. Kry a Feliway diffuser by die veearts en maak 'n paar toe sandbokse (toe maar met 'n deur) vir hom beskikbaar. Dit is net belangrik om eers 'n blaasinfeksie uit te skakel.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Gogga | 2008/12/16

Vir die reuke, probeer Pheroma spray wat jy by die veearts kan koop. Dis so ' n pienk bottel.

As hy nie blaasontsteking het nie, moet jy miskien ' n ander soort sand probeer. Katte is baie fussy. Daar is verskeie soorte, die grys klei soort, silica kristalle, een wat lyk soos foamalite bolletjies en een wat lyk soos hout saagsels. kristalle hou die langste voor jy dit hoef weg te gooi. die saagsels is te lig, dit waai die hele huis vol as hulle dit uitkrap uit die kas uit. Party katte het sensitiewe voetjies en hou nie van die groter, harder kristalle nie. vir hulle is daar ' n fyn, wit sand van Lopis.

Reply to Gogga

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement