advertisement
Question
Posted by: SAMB | 2008-11-06

Kat met jukkende vel

My kat is 8 jaar oud. Hy het altyd ' n pragtige swart pels gehad, maar die afgelopy tyd het sy pels ' n bruin skynsel. Hy krap homself baie. Hy lek aanmekaar sy pels en somtyds trek hy sy hare met sy mond uit. Sy vel het baie rowe en hy verloor nou baie hare. Daar hardloop sulke rippels oor sy rug partykeer en ek kan sien hy is baie geirriteerd en sy lyf moet ' n bietjie seer wees want as ek ' n bietjie te hard vryf, byt hy my hand. Sy eetlus is ook nie te waffers nie. Hy eet sy Friskies pille, maar wil nie meer so graag die pouches nat kos eet nie. Ek probeer om vir hom Bob Marin pilletjies in sy kos gee, maar hy wil nie sommer die kos eet nie al maak ek die pilletjies in ' n poeier vorm en meng dit met sy kos. Ek kan nie ' n veearts besoek bekostig nie, en die produkte wat die veearts voorskryf is ongelukkig te duur vir my sak. Ek wil graag die beste vir my kat doen, maar binne my bereik asb. Ek sal u hulp baie waardeer as u vir my kan raad gee. Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberVet

Hallo SAMB

Jy sal maar van jou geld moet spandeer om goeie vlooigoed by die veearts te koop.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement