advertisement
Question
Posted by: Micky | 2011-11-25

Karkatjies

Die laaste jaar of so sukkel ek vreeslik met karkatjies. Ek kry een ten minste elke 2 / 3 maande en partykeer sommer 2 in dieselfde week.

Die bietjie wat ek op die internet kon kry hieroor bevestig dit word veroorsaak deur staphylococcal bakterieë . Ek is ''n huisvrou en was my hande meer gereeld as ander mense dus is ek verstom dat ek so iets kan kry.

Ek is ''n langtermyn vegan, is effens anemies en sukkel met IBS. Kan hierdie faktore my immunstelsel op so ''n manier beinvloed dat dit my meer vatbaar maak vir karkatjies?

Wat kan mens doen om karkatjies te verhoed / verhoed dat mens dit kry?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Micky

Jou immuniteit word wel aangetas deur dat jy 'n vegan is. Vleis, vis, hoender ens. bevat essensiele aminosure wat nie in plant materiaal gevind word nie. Vul jou dieet aan met Berocca Cal Mag, selenium, sink en vitamien C en oorweeg die inname van dier proteine, soos byvoorbeeld hoendereiers. Yster aanvulling behoort voordelig te wees.

Konsulteer ook 'n dokter vir 'n kursus antibiotika om sodoende die karkatjies te voorkom.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement