advertisement
Question
Posted by: Bets | 2012-02-02

Kardio navraag

Ek wil net graag uitvind of `n Spierbrug van LAD met Barlow`s sindroom enige simptome kan hè ? My hipertensie word beheer met Valsartan, maar ek is so moeg dat ek nie my normale dagtake kan verrig nie! Dis `n moegheid wat net nie einde het nie, en ek kry pyne in my bors. Weet dis nie angina nie want dit kom en gaan deur die loop van die dag, maar dis `n vashou pyn wat my arms lam maak!
Dankie!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Bets

Ongelukkig sal jy 'n kardioloog moet konsulteer, aangesien jy spesialis behandeling benodig. Die pyn wat jy ervaar, het kenmerke van angina en daarom is dit belangrik om 'n kardioloog vir 'n ondersoek te konsulteer. Indien daar vernouing is van die are wat die hart van suurstof voorsien, kan dit deur middel van 'n stent behandel word. Ander oorsake vir jou moegheid moet ook ondersoek word, soos byvoorbeeld, bloedarmoede ens.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement