advertisement
Question
Posted by: MARICO | 2010/06/18

KARDIO MIOPATIE, GASTRITIS

Ek het vantevore vir u geskryf ivm met my 30-jarige verstandelik gestremde seun met hartspierfunksie van 19%. Hy het intussen 3 binneaarste ysteraanvullings gehad. Met scope is gastritis gediagnoseer en was dit die rede vir bloedverlies. By hartversaking medikasie gebruik hy nou ook Nexium, Bevispas en movicol.
Hy was gehospitaliseer omdat hy ooglopend verswak, afgerem en chronies naar is. Bloedtoetse toon steeds lae HB, verswakte nierfunksie en lewerensieme matig verhoog. Die probleme met sy maag (wat altyd pyn) word toegeskryf aan die hartmedikasie.
Omdat hy eet met pyn, naarheid en ongemak assosieer, wil hy nie eet. Ek glo dit vererger sy moegheid en gee nou 3x per dag vir hom REPLACE met melk aangemaak. Verder drink hy appelsap en water en sal soms ''n klein porsie papaja en joghurt eet. Op ''n goeie dag sal hy bietjie opgekookte groente eet.
Hy is 1,66m en weeg 56kg. Hy lyk baie maerder as 56kg wat vogretensie insluit.
Wat kan ek nog doen om hom te help.

Dankie vir u aandag hieraan

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Marico

Bespreek met jou dokter dat hy die moontlikheid van 'n verkorte mesenteriele arterie het. Hierdie sindroom kan sy simptome verduidelik en jou dokter moet dit ondersoek. Dit is 'n skoot in die donker, aangesien ek nie verder advies het oor wat jy moontlik verder vir jou seun kan doen nie.

Sterkte en ek hoor graag van u.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: marico | 2010/06/23

Dankie vir u antwoord. Ek het hom teruggeneem na huisdokter en gevra na die moontlikheid van verkorte mesenteriele arterie. Hy se dat daar nie tekens van die sindroom op die grastroscopie aangetoon is, wel nodulere gastritis.

Sy kaliumvlak is 5 en dr het aanbeveel dat hy lasics verminder na 20mg pd en die slowK staak. Sy yster is steeds laag. By die Replace, gee ek nou vir hom smoothies met basis van " Egg flip"  en baie piesangs. Hy weier steeds vaste kos omdat dit onverteerd uitgebraak word en pyn veroorsaak.

Ten spyte van sy ongemag, bly hy dapper en kla min.

Groete

Reply to marico

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement