advertisement
Question
Posted by: marico | 2009/03/30

Kardio miopatie en diabetes

29-jarige, verstandelik gestremde seun is15 mde gelede met kardio miokarditis gediagnoseer.Sy hartspierfunksie het oor 12 mde verbeter van 19% verbeter tot 42%. Met opvolgbesoeke en sonars was daar elke keer verbetering. Begin Maart 2009 het hy gekla van hoofpyne, kroniese naarheid en uitputting. Ek het in ' n nag by hom gekom, naar en sopnat gesweet.By noodgevalle is ons meegedeel dat hy gedehidreerd is, bloedruk 60/50 en temp onder 35.Hy' s opgeneem en is ons meegedeel dat sy hartspierfunksie weer geval het na 20%. Volgens kardioloog gaan dit nie weer verbeter.Sy bloedsuiker was vir eerste keer verhoog na 12 en is hy op diabetiese dieet geplaas. Dit help. Suikder wissel tussen 6 en 10. 3 Dae na ontslag is hy weer in ICU opgeneem vir erge uitputting en blouheid. Ek het hom met moeite wakker gekry na 18/24 uut se slaap. 13 Liter vog is met binneaarse lasix " getap" . Bloed is verdun en hartversaking medikasie is uitgebrei.
Ons is meegedeel dat dit ' n ernstige situasie is, dat hy onder ander omstandighede sou baat vind by ' n oorplanting en dat hy op ' n stadium nie weer wakker gaan word nie. Hartspier is pap en al 4 hartkamers is nou vergroot. Maar behalwe vir die baie slaap en uitdrukking van moegheid, kom hy nie siek voor en funksioneer hy redelik normaal..
My vraag is, hoekom 2 soorte bloeddruk pille, terwyl sy bloeddruk baie laag is. Sou hy ongemak en pyn ervaar? En wat verder. Hy wil glad nie oor sy siekte praat en is dit moeilik om te bepaal wanneer om dr te -|- ak. Het sy gestremdheid iets te doen met die hartkondisie?

Dankie vir u aandag hieraan

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Marico
Sommige oorgerfde gestremdhede gaan gepaard met hart probleme, maar dit kan ook net toevallig wees. 'n Neurohormoon angiotensien II ( ACE ) veroorsaak vernoude bloedvate, verhoog die afskeiding van aldosteroon wat vog terughou, en verhoog die afskeiding van vasopressien wat sout terug hou, en dit veroorsaak erge swelling. So die bloeddruk pille (ACE inhibitors) is eintlik vir al hierdie effekte meer as vir die bloeddruk.

Mense in hartversaking kan benoud word ( jy sal sommer sien sy lippe is blouerig) hulle is kortasem en kan nie baie beweeg sonder om erg moeg te word nie, maar hulle het gewoonlik nie pyn nie. Hoor by jou dokter of dit sal help om suurstof by die huis te hou vir noodgevalle?

Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement