advertisement
Question
Posted by: Corneli | 2011/08/03

kardio miopatie

My seun met miopatie gebruik saam met ander hartmedikasie, 80mg lassix 3x per dag, Dit veroorsaak dat hy baie opstaan in die nag en na my mening ,nie genoeg rus nie. Sal dit veilig wees om die dosis op te deel sodat hy120mg 2x per dag drink en - indien hy dit nie in die aand neem, sal hy seker minder in die nag hoef op te staan.

Kan sy swak hartfunksie (11%) veroorsaak dat hy makliker koud kry? Sy naels en lippe en soms sy neusvleuels en ore word meer gereeld blou sonder dat hy sieker is.

Dankie vir u aandag hieraan

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Corneli

Ja, jy kan die dosis opdeel, maar die aand dosis kan vroeg geneem word, omtrent teen 18h00 en sy vloeistof inname sal teen omtrent 20h00 gestaak moet word.

Kardiomiopatie is 'n baie slegte diagnose en ek is jammer om te verneem dat sy hartfunksie so swak is. Die hartfunksie bepaal hoe goed bloed deur die liggaam versprei word. Daarom sal hy beslis kouer kry en dat die lippe, hande en voete gevolglik baie gou gaan koud raak en blou verkleur. Trek hom warm aan en gee medikasie soos nodig en bly streng by die voorgeskrewe medikasie.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement