advertisement
Question
Posted by: Marico | 2009-05-31

kardio megalie

Ons 29-jarige verstandelik gestremde seun het 18 mde gelede kardio miokarditis opgedoen wat genees het, maar kardio miopatie is sedertdien as chronies behandel. Verlede jaar het hy redelik goed gedoen met geen ernstige siektes. Sy hartspierfunksie het van 19% na 40% verbeter in 2008, maar is tans weer slegs 20%. Sedert Maart vanjaar tot 2 weke gelede was hy reeds 4 keer gehospitaliseer in ICU. Hoewel hy op verskeie medikasie (Lanoxin, Lasix, dilatrent, prexum) is, het hartversaking weer ingetree. Sy longe is nat en brongitis en pneumonie genees nie meer met mondelikse antibiotika. Kardioloog sê  die spierfunksie gaan nie weer verbeter. Ek sien op sy laaste x-strale word kardio megalie met biventrikulê re vergroting gediagnoseer. Wat beteken dit. Waar kan ek meer lees oor hierdie toestand, prognose, ens.

Dankie vir u aandag hieraan

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Marico
Jammer om te hoor jou seun is so siek. Biventrikulere vergroting beteken dat albei die hart se ventrikels (onderste hart kamers) vergroot is en is 'n aanduiding dat die spiere van die hartkamers of pap en swak is, of dat die hartspier erg verdik is omdat dit teen weerstand moet pomp. Kardiomegalie beteken net hart vergroting en is die beskrywing van die simptoom, nie 'n siekte nie.Die oorsaak van sy hartversaking is waarskynlik die Kardiomiopatie wat veroorsaak is deur hartspier skade agv die miokarditis ( infeksie van die hartspier)
sien http://www.americanheart.org/presenter.jhtml?identifier=4468
http://www.holisticonline.com/remedies/Heart/cm_dcc_treatment.htm
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement