advertisement
Question
Posted by: Jenine | 2009-09-15

Kanker - bloedtoetse

Goeiedag Dokter,

Ek is 33 jaar oud en lei nie ' n baie gesonde leefstyl nie. Ook is ek onder GEWELDIGE emosionele spanning vir die afgelope jaar al. My pa is gediagnoseer ' n jaar gelede met longkanker (hy het nooit gerook nie), en hy is op sy laaste. Destyds het hy begin met maag/buik probleme en daar is dmv bloed getoets vir kanker, maar dit het nie gewys nie!! Eers na ' n operasie het hulle gesien dit is te laat.

Ek voel fisies af en " siek" , ek is op xanor (drink dit slegs in die aand, want ek kyk alleen na my 2 kinders al vir 3 jaar, my man kom net nou en dan huistoe - hy werk oorsee). Ek voel moeg, bewerig, naar het diaree en kry soms pyne op my maag - verloor ook gewig.

Ek wil myself van kop tot tone laat ondersoek spesifiek vir kanker - maar wat help dit ek laat doen die duur bloedtoetse en dit wys in elk geval nie? Ek het gelees van ' n apparaat by unitas wat mens volledig kan scan - sal enige kanker daar dan wys?
Ek is SO bang om kanker te kry, veral nou dat dit in die familie is - maar ek wil nie gaan vir toetse en steeds twyfel daarna nie.

Wat moet ek doen en na watter dokter moet ek gaan wat alles kan toets - ek wil nie na my huisdokter gaan nie - voel nie of dit " volledig"  genoeg sal wees nie.

U raad word opreg waardeer.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Jenine
Die realiteit is dat daar nie regtig 'n "foolproof" metode is om kanker 100% uit te skakel nie. Selfs die full body scan sal net tumore wys wat al groter as 'n sekere volume is, en kanker kan in een sel begin. Wat mens eerder moet doen is om te kyk wat jou spesifieke risikofaktore is: maw watter kankers is daar in julle familie, het jy enige gewoontes wat kanker kan veroorsaak soos rook of lank in die son lê. Dan kan jou dokter jou ondersoek en na spesifieke simptome kyk soos bv jou maag wat pla, en 'n gastroskopie aanvra om te kyk of alles daar reg is. Mens kan met 'n volbloed telling en ESR, lewerfunksies en nierfunksies sien of al die organe reg werk, en met 'n long x/straal of die longe "skoon" is. Mens moet gereeld vir jaarlikse papsmere en bors ondersoeke gaan want jy kan nou geen kanker hê nie en tog een ontwikkel oor 'n paar maande, so dit is 'n geval van gereeld na jouself kyk en bewus wees van nuwe simptome en veranderinge in jou lyf.
Jy het tekens van erge stress, en miskien moet jy op iets soos Aropax gaan - dit is 'n middel vir depressie en angstigheid wat jou nie sal vaak maak nie, maar dalk sal jy beter cope daarop. Sterkte want ek dink jy het 'n groot las op jou skouers op die oomblik!
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement