advertisement
Question
Posted by: pixie | 2009-03-23

Kanker - bloedtoetse

Goeiedag Dokter,

Ek is ' n 32 jr vrou en wil graag gaan vir ' n volledige check-up by my huis dr. Ek wil veral toets vir kanker - enige kanker, wat dalk erens in my ligaam skuil.

1. Watse toetse moet alles gedoen word en kan alle kankers dmv bloedtoetse opgetel word? Die rede hoekom ek vra is - my pa was gediagnoseer met longkanker (al het hy nooit gerook of naby asbes gewees nie), en die kanker het nie in sy bloed gewys nie. Ek is nou net bang ek gaan vir bloedtoetse en daar wys niks, maar eintlik het ek dalk kanker...

Baie baie dankie :-) :-) :-)

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Pixie
Daar is nie 'n algemene bloed toets wat mens kan doen om kanker op te spoor nie. Mens kyk maar met kliniese ondersoek en vra die geskiedenis om te hoor of daar dalk risiko faktore vir 'n spesifieke pasient is. Sekere kankers soos serviks kanker en borskanker kan voorkom word deur gereelde papsmere en bors ondersoeke. Longkanker kan gemonitor word met x/strale, en mense met 'n familie geskiedenis van colon kanker moet gereeld colonoskopies kry. Mens kan darem ook met 'n volbloed telling en ESR 'n idee kry of daar dalk iets onderliggend is wat moet verder ondersoek word.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement