advertisement
Question
Posted by: KIKI | 2008/06/12

KANKER?

My pa (74) het so 2 maande gelede 'n knoppie op teen sy sy (by die rib-area) laat verwyder, wat na ontleding kwaardaardig blyk te wees. Hy het ongelukkig nie 'n mediese fonds nie en moet dus staatshospitaal toe gaan (Kaapstad). Daar is bevind dat die knoppie 'n metastase was, maar die dokters kan (na 2 maande en hope toetse) nog steeds nie verklaar waar die "oorspronklike" kanker is nie. Hoe is dit moontlik? Hulle het ook gese dat hy te oud en sieklik is vir enige soort behandeling - is dit hoekom hulle nou half onbelangstellend is? Ons wil net weet wat aangaan. help asb! Hy het ontsettend pyn en ons weet nie meer hoe om hom te help nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Kiki
Ek is so jammer om te hoor van jou pa! As hy reeds metastases het, is dit nie altyd krities om te bepaal waar die oorspronklike kanker is nie, want hulle gaan dit nie uitsny nie, want dit gaan hom nie genees nie. Hulle kan gewoonlik met die histologie van die metastase bepaal of die kanker gevoelig is vir chemoterapie of nie, en of dit dus gaan help of nie. Hulle gaan nie chemoterapie gee as dit nie sy lewe gaan verleng of sy lewenswaliteit gaan verbeter nie. Chemo maak mens bitterlik siek en dit mag dalk net sy laaste tydjie op aarde ondraaglik maak. Dit klink vir my of hy dalk wel palleatiewe behandeling nodig het - behandeling om die pyn te beheer. Na watter hospitaal gaan hy op die oomblik? Dalk kan ek julle verwys na 'n spesifieke dokter?
Hoor ook 'n bietjie of daar dalk 'n Hospice naby julle is, hulle is baie keer baie "clued up" met pyn behandelings en kan julle baie goeie raad gee.
dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement