advertisement
Question
Posted by: als probeer | 2011/10/31

KANGMEI

Hallo diet doc ek was moedeloos gesukkel om gewig te verloor maak nie saak wat ek doen hoe hard ek oefen en hoe reg ek eet ek kon net nie die kilogramme afskud nie. Ek het kangmei slimming capsules toe vir 24 dae probeer, het van 68kg na 63kg geval. Dit werk regtig maar deesdae voel ek baie sleg, is bewerig en my mond is droog en voel duislig, ek wil graag aangaan om die kapsules te gebruik maar nie ten koste van my gesondheid nie. Is daar bestandele in die pille wat nadelig is vir mens?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Als Probeer
O wee! Ek is so jammer om te hoor dat jy so sleg voel. Ek weet nie wat daardie Kangmei kapsules bevat nie, maar ek is seker dit bevat allerhande kruie en stowwe wat potensieel gevaarlik is. Klik op 'Diet & Nutrition', dan op 'Weight Loss' en 'Diet Detective' en vergelyk dit lys bestanddele van Kangmei met die lys stowwe wat dikwels in hierdie oor-die-toonbank verslankingsmiddels gebruik word om te sien watter negatiewe effekte dit kon gehad het. Aangesien jy so sleg voel, sal ek aanraai dat jy die Kangmei kapsules staak en terugkeer tot 'n verstandige gebalanseerde verslankingsdieet en jou oefening. Dit sal langer duur om gewig te verloor met so 'n veilige program, maar dit sal nie jou gesondheid skaad nie.
As jy steeds so bewerig en duiselig voel nadat jy die kapsules gestaak het, moet jy asb jou huisarts spreek sodat hy/sy kan seker maak dat jy nie dalk aan elektrolietuitputting of 'n ander negatiewe gevolg ly nie.
Ek hoop jy sal vinnig beter voel en tog nog gewig op die verstandige manier verloor.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

5
Our users say:
Posted by: Lise van der Kaap | 2011/12/07

daar is vermoedelijk sibutramine in. al die symptomen wat " als probeer"  beskryf, word gelys as tekens van vergiftiging deur sibutramine. Doen ''n internet soektog - ek het self wonderlik gewig afgeval (6 kg in ''n maand), maar ly nou aan insomnia, droe mond, en het geen smaakorgaan meer nie! Alles newe-effekte van die obesiteitsmiddel, sibutramine. Blykbaar tel mens weer alles op as jy daarmee ophou! So dit is ook nie juis die antwoord nie...

Reply to Lise van der Kaap
Posted by: Stella | 2011/11/01

My vriendin het my pilletjies gebring. So, ek drink my eerste een mô re oggend.

Reply to Stella
Posted by: als probeer | 2011/11/01

Stella ek moet eerlik waar sê  dit werk soos ''n bom dit is net die afgelope twee dae wat ek sleg voel dalk kan dit iets anders wees! Ek wil nog so 10kg verloor en dit werk regtig waar.

Reply to als probeer
Posted by: Stella | 2011/11/01

Ek gaan bietjie dié  Kangmei probeer. Sover as wat ek gaan hoor ek hoe almal vinnig gewig verloor het. ''n Vriendin het 10kg verloor in 2 maande!

Reply to Stella
Posted by: DietDoc | 2011/10/31

Beste Als Probeer
O wee! Ek is so jammer om te hoor dat jy so sleg voel. Ek weet nie wat daardie Kangmei kapsules bevat nie, maar ek is seker dit bevat allerhande kruie en stowwe wat potensieel gevaarlik is. Klik op 'Diet & Nutrition', dan op 'Weight Loss' en 'Diet Detective' en vergelyk dit lys bestanddele van Kangmei met die lys stowwe wat dikwels in hierdie oor-die-toonbank verslankingsmiddels gebruik word om te sien watter negatiewe effekte dit kon gehad het. Aangesien jy so sleg voel, sal ek aanraai dat jy die Kangmei kapsules staak en terugkeer tot 'n verstandige gebalanseerde verslankingsdieet en jou oefening. Dit sal langer duur om gewig te verloor met so 'n veilige program, maar dit sal nie jou gesondheid skaad nie.
As jy steeds so bewerig en duiselig voel nadat jy die kapsules gestaak het, moet jy asb jou huisarts spreek sodat hy/sy kan seker maak dat jy nie dalk aan elektrolietuitputting of 'n ander negatiewe gevolg ly nie.
Ek hoop jy sal vinnig beter voel en tog nog gewig op die verstandige manier verloor.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement