advertisement
Question
Posted by: Kiti | 2009/03/04

Kan nie sien

Hi Doc
Ek het Augustus 2007 ' n katarak operasie en lensoorplanting in beide oe gehad. Dit was vir my die slegste ding wat ek nog ooit gedoen het, Ek het nog altyd swak oe gehad maar was bysiende en het so vyf jaar voor die katarak -op ' n lasik-op gehad en toe heel goed gesien sonder ' n bril. Na die katarak -op kan ek glad nie sien sonder ' n bril nie en is nou " versiende"  m.a.w. ek kan niks naby sien nie ek kan nie eers my ooghare pluk nie so swak sien ek. Dit is erg frustrerend en ek is baie lief vir lees, maar lees nou byna nooit omrede ek nie kan sien nie. Dit is asof ek heeltyd my oe moet knip om te kan fokus, my oe bly uit fokus uit, Moet ek teruggaan na die Spesialis wat die op gedoen het en kan hy engiets daarvoor doen? Ek dra multivokale lense tans, maar moet heeltyd fokus om te kan sien. Ek het blykbaar ook baie " glyers"  op my oe en kan dit dalk die rede wees vir die swak sien of is dit moontlik dat die lense wat ingeplant is nie korrek is nie en kan dit oorgedoen word??? Help asb!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Kiti
Voor mens die operasie oordoen moet jy dalk jou bril laat hersien - dit mag dalk wees dat jou oë verander het na die operasie se swelling af is. Die lense wat hulle inplant sal jou altyd "versiende" maak en dan moet mens met 'n bril kompenseer vir naby kyk. Die oogkundige kan ook met sy spleetlamp kyk of die lense nog reg sit en helder is?
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement