advertisement
Question
Posted by: Christa | 2012/10/10

Kan dit my hart wees?

Hallo dokter

Ek is n 45 jarige vrou, bietjie oorgewig en gebruik bloeddruk-pille (4mg pearinda). Andersins gesond.

Ek het die afgelope maand simptome wat my bekommer. Ek wil net noem dat ek fibromyalgia het. Weet nie of dit verband hou met fibromyalgia nie, maar ek kry gereeld costochondritis. My borsbeen is dan so seer dat ek skaars daaraan kan vat. Ek het nog nooit n " drukking pyn"  oor my middelbors gehad nie, maar het al steekpyne in die middel van my bors gekry. Weet nie of dit dan die " duiwel"  ook is nie, maar dan voel dit sommer of my my kakebeen ook seer is en pyn (ek is n chroniese sinus-lyer) en derdens kry ek pyne in my linkerarm ook (moet byse dit was ook al in beide arms!). Dis dan asof spiere in van my nek tot in arm af gevoelig is om op te druk en die pyn selfs.

Nou al hierdie simptome het ek gelees kan n hartaanval aandui, en ook gelees dat dames se simptome vir n hartaanval verskil van die van n man.

Kan n geblokte aar (wat jou later n hartaanval gee) n mens " tart"  vir so lank as n maand? My vraag is eintlik of n mens vir n lang ruk sulke simptome kan kry en dan eendag net woerts n hartaanval?

Wat dink dokter? Is bogenoemde simptome rede tot kommer vir my? Ek was seker so 2 maande terug by my GP vir n EKG (ek het toe hartkloppings gehad - maar dink dit kon dalk my hormone wees want ek het my inspuiting 2 weke te laat gaan kry) - die EKG was normaal.

Ek is nooit kortasem of sweterig nie, doen baie trappe, tuinwerk etc.

Baie dankie
Christa

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCardiologist

Beste Christa

Die eenvoudige antwoord op jou vraag: nee, dit kan nie jou hart wees nie!

Eerstens, jy is jonk en vroulik en het nie suikersiekte nie. Jy is “pre-menopausal”. Ek neem aan jy is nie ‘n roker nie. Jou kanse van hartaanval is dus baie laag.

Tweedens, jou simptome klink glad nie soos die van ‘n dreigende hartaanval nie. Dit klink vir my hulle is deel van jou sogenaamde “fibrositis”.

Jy is reg, die simptome van hartsiekte in vroumense is dikwels anders as die in mansmense, maar hartsimptome in vroumense is nie soos die simptome wat jy beskrywe nie. Jou simptome sal nie tot hartaanval lei nie!

Eet gesond, oefen gereeld, en moenie te veel aandag aan jou hart gee nie. Dit is nie die oorsaak van jou simptome nie.

Vriendelike groete, JT

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Ronel | 2012/11/02

Ek wil graag weet as ''n mens net 28% van die gebruik van jou hart oorhet kan ''n mens by jou huis wees sonder om gehospitaliseer te wees en net op medikasie wees en wag vir ''n tydperk van 2 maande dat die dokters kan sien of jy verbeter en dan besluit of jy ''n hart oorplanting moet kry. Iemand wat ek ken het ''n hartaanval gehad en daarna ''n tweede een. Blykbaar is daar ''n gedeelte van sy hart wat nie werk nie en nou het sy hart al so verswak dat hy net 28% van sy hart kan gebruik maar die dokters het hom op medikasie gesit en as sy hart oor 2 maande nie sterker is nie moet hy Kaap toe vir ''n hart oorplanting maar hy is tuis en nie in ''n hospitaal nie klink dit reg?

Reply to Ronel
Posted by: Cardiologist | 2012/10/22

Beste Christa

Die eenvoudige antwoord op jou vraag: nee, dit kan nie jou hart wees nie!

Eerstens, jy is jonk en vroulik en het nie suikersiekte nie. Jy is “pre-menopausal”. Ek neem aan jy is nie ‘n roker nie. Jou kanse van hartaanval is dus baie laag.

Tweedens, jou simptome klink glad nie soos die van ‘n dreigende hartaanval nie. Dit klink vir my hulle is deel van jou sogenaamde “fibrositis”.

Jy is reg, die simptome van hartsiekte in vroumense is dikwels anders as die in mansmense, maar hartsimptome in vroumense is nie soos die simptome wat jy beskrywe nie. Jou simptome sal nie tot hartaanval lei nie!

Eet gesond, oefen gereeld, en moenie te veel aandag aan jou hart gee nie. Dit is nie die oorsaak van jou simptome nie.

Vriendelike groete, JT

Reply to Cardiologist

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement