advertisement
Question
Posted by: Lizzy | 2012/07/16

Kaas

Hallo Dokter,

Ek probeer gewig verloor. Ek is absoluut versot op kaas, veral cheddar. Sal dit nadelig wees vir my gewig as ek elke middag saam met my volgraan toebroodjie ''n 30 gr blokkie kaas eet?
Nog ''n vraag, pampoen is my gunsteling groente. Watter soort pampoen is die beste vir gewigverlies, watter soort bevat die minste koolhidrate?

Baie dankie
Lizzy

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Lizzy
Volgens die SA Voedseltabelle bevat Cheddar kaas 1685 kJ en 33.1 g vet per 100g, dus sal 'n 30g porsie 506 kJ en 10g vet tot jou daaglikse dieet bydra plus 216 mg kalsium. Die energie- en vetinhoud van Cheddar is relatief hoog, maar dit is ryk aan kalsium wat ook help met verslanking, dus kan jy dit saam met jou volgraan toebroodjie vir middagete eet. Pampoen, skorsies, ens, is baie lae-kJ groente (90% of meer van die pampoen bestaan uit water!). As jy dit sonder vet en suiker eet, dus net opgekook of in die oond gebak, dan bevat pampoen, skorsies, ens, ongeveer 85 kJ per 100g.
Lekker eet
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2012/07/17

Beste Lizzy
Volgens die SA Voedseltabelle bevat Cheddar kaas 1685 kJ en 33.1 g vet per 100g, dus sal 'n 30g porsie 506 kJ en 10g vet tot jou daaglikse dieet bydra plus 216 mg kalsium. Die energie- en vetinhoud van Cheddar is relatief hoog, maar dit is ryk aan kalsium wat ook help met verslanking, dus kan jy dit saam met jou volgraan toebroodjie vir middagete eet. Pampoen, skorsies, ens, is baie lae-kJ groente (90% of meer van die pampoen bestaan uit water!). As jy dit sonder vet en suiker eet, dus net opgekook of in die oond gebak, dan bevat pampoen, skorsies, ens, ongeveer 85 kJ per 100g.
Lekker eet
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement