advertisement
Question
Posted by: Elise | 2010/02/03

Jeukende bene

Hi dok,

Baie dandie vir al die tyd wat jy spandeer aan almal se klagtes en gedagtes, dit word opreg gewaardeer.

My dogter is 21jr oud het geen mediese probleme nie is ook nie oorgewig of onder gewig, gebruik geen med nie. Vanoggend kla sy haar bene jeuk verskriklik dit voel asof sy dit kan stukkend krap. (Sy het haar been hare geskeer, sy het gedink dit is wat die gejeuk veroorsaak, ), maar dit het net vererger. Ons gbruik nog die selfde badseep en room as wat ons die laaste jaar gebruik, niks het verander nie, ook nie die waspoeir of wasgoed versag middel nie. Sy het ook nie nuwe klere aangetrek nie. Daar is ook geen uitslag op haar bene nie, dit jeuk net verskriklik. Kan dit iets met haar bloeds omloop te doen hê ? Dit het nog nooit voorheen met een van ons 2 gebeur nie. Sal dit waardeer as jy dalk bietjie lig kan werp op die probleem.

Weer eens baie dankie vir al die moeite.

Elise

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Elise
Ek geniet dit om die forum te doen - en dit dwing my sommer om weer te gaan oplees oor baie dinge! As daar geen teken van allergie is nie ( uitslag of rooiheid of galbulte) en geen teken van follikulitis ( infeksie in die haar follikels) kan dit dalk agv stress wees. Vra jou dokter om vir haar 25 mg Aterax voor te skryf - dit behoort te werk want dit is anti allergiese middel met kalmerende effekte. Kan mens dalk bietjie vaak maak..
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: cornelia | 2010/05/17

ek weet nie wat aangaan met my man nie, hy het op sy maag onder aan die regterkant n rooi uitslag eers was dit klein maar word al hoe groter en jeuk baie hy smeer backtrum aan maar dit help nie dit jeuk baie en word net `n groter rooi kol met klein kolletjies en opgeswel dankie cornelia

Reply to cornelia
Posted by: cyberdoc | 2010/02/03

Hallo Elise
Ek geniet dit om die forum te doen - en dit dwing my sommer om weer te gaan oplees oor baie dinge! As daar geen teken van allergie is nie ( uitslag of rooiheid of galbulte) en geen teken van follikulitis ( infeksie in die haar follikels) kan dit dalk agv stress wees. Vra jou dokter om vir haar 25 mg Aterax voor te skryf - dit behoort te werk want dit is anti allergiese middel met kalmerende effekte. Kan mens dalk bietjie vaak maak..
Dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement