advertisement
Question
Posted by: SAM | 2009-03-18

Jeuk/brand by agterend

Hallo Dokter. Die afgelope 4/5 jaar sukkel ek met ' n gejeuk by my agterend. Ek kan nie help om te krap, wat lei daartoe dat dit brand en ' n rofie vorm. Ek juk ook soms in die area tussen die vagina en anus. Ek het nie wurms nie. ' n Paar jaar terug is ek onder nakose gerek omdat die dokter geglo het die opening is te klein, wat maak dat my maag nie normaal kan gaan nie. Ek is bitter min hardlywig, so ek druk nie juis nie. Ek het al in die spieel daaronder gekyk en kan sien daar is iets wat lyk soos " lesions" . Die rofie daaroor gaan weg, maar dan kom die jeuk weer terug. Ek het al verskeie salfwe probeer, gebruik wet-wipes om af te vee, partykeer raak die vel hard, dan smeer ek teatree gel aan, wat brand soos vuur. Is ek dalk allergies vir die goedkoop toiletpapier of wat moet ek doen? Help asb. Dankie Dokter.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Sam
Dit klink vir my of jy dalk 'n dermatitis daar het. Probeer die volgende vir 'n paar dae maar as dit nie beter word nie moet jy dalk 'n dermatoloog sien: vermy enige gasvormende of speserybevattende kosse, gebruik 'n stoelgang versagter soos Duphalac stroop 15 ml saans. Smeer 'n kortisoon roompie soos 1% Hidrokortisoon ( iets soos Skincalm) dun aan en bo-oor iets soos sinksalf ( Fissan paste) Was net met Elizabeth Anne baba sjampoo en druk droog met wit ongegeurde toiletpapier.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement