advertisement
Question
Posted by: Peter | 2012/10/04

Jeuk en ongemaklikheid

Dr Burger, ek hoop dat u my met advies kan help of my verwys na ''n dokter in Pretoria wat my met die mediese navraag kan behulpsaam wees.

My probleem is die volgende: Ek het so ongeveer 6 maande gelede begin agterkom dat ''n vel kondisie in die vorm van ''n " rash"  of " swam"  op my skrotum gevorm het. Die vel kondisie gaan gepaard met uitdroging van die vel, jeukerigheid en vervelling van my skrotum waar die kondisie voorkom.
Eers het ek gedink ek droog nie behoorlik af nie en het dus moeite gedoen om goed geneoeg droog te maak. Ek het baba poeier as oplossing vir die gejeuk probeer, maar agter gekom dat dit net meer " uitdroging"  van die " swam"  veroorsaak en die kondisie vererger, alhoewel dit verligting vir die jeuk teweeg bring. Ek het eers Bactroban topiese salf gebruik, maar nie veel resultate gekry nie. Uit my navorsing op die internet het ek besef dat dit moontlik ''n " funginale"  kondisie kan wees en dat ''n mediese salf benodig word wat Zinc Oxide moet bevat. Ek het dus Germoline salf probeer nadat ek gebad / gestort het saans en dit het die vel kondisie verbeter en gejeuk taamlik verlig, alhoewel ''n sigbare ligter verkleuring van die vel (waar die swam voorkom) plaas gevind het. My kondisie is steeds nie weg nie en ek het tot so 3 weke terug agtergekom dat daar ''n rooi uitslag op die eikel en voorhuid van my penis voorkom met ''n verdroging van die voorhuid. Ek is getroud en dus NET seksueel aktief met een persoon naamlik my vrou, alhoewel ons die afgelope tyd een of 2 keer seksuele omgang gehad het en baie versigtig was uit vrees dat ek die kondisie moontlik aan haar kan oordra. Tot 2 dae gelede het my vrou aan my genoem dat sy klein " vraatjies"  op die libia van haar vagina opgemerk het en dit veroorsaak ''n ongemaklikheid by haar. My navorsing op die internet het getoon dat ongeveer ses Menslike papiloom virusse (MPV) seksueel oorgedra kan word en vratte in die genitale gebied kan veroorsaak deur seksuele -|- ak met ''n ander persoon en dat hierdie kondisie gediagnoseer is as ''n seksuele oordraagbare siekte wat by vroue kan lei tot servikskanker asook onvrugbaarheid indien dit nie behandel word nie.
Ek sal dit opreg wardeer indien u my kan laat weet of die kondisie by my vrou veroorsaak word deur my kondisie en by watter mediese kliniek ek ''n ondersoek kan ondergaan. Ek sal dit opreg wardeer indien u my navraag as baie vertroulik kan hanteer en my met mediese advies of raad behulpsaam kan wees.
Baie dankie byvoorbaat.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Peter

Jy sal n uroloog vir 'n ondersoek moet konsulteer. Dit is moontlik dat jy 'n swaminfeksie van die skrotum het, maar ander toestande soos ekseem moet ook uitgeskakel word. Metaboliese toestande, soos diabetes en 'n onderaktiewe skildklier kan ook kroniese swaminfeksie veroorsaak en die uroloog sal hierdie twee moontlikhede ook moet ondersoek.

Die menslike papiloomvirus het nie 'n duidelike opsigtelike presentasie op die manlike genitalia nie en dus kan jy onwetend die virus aan jou vrou oordra. Dit is uiters belangrik dat jou vrou 'n ginekoloog vir 'n papsmeer konsulteer. 'n Papsmeer is uiters belangrik om servikale kanker vroegtydig op te tel. Daar is 'n duidelike verbintenis tussen infeksie met die menslike papiloomvirus en servikale kanker.

Intussen kan jy Apor room, twee maal per dag vir ten minste 10 dae aanwend en jou vrou kan Canestin 1VC gebruik.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2016/03/17

hallo my naam is lucinda en ek is 20jaar oud my storry is dat ek het varte op my vigina en dit sit al hier vir meer as n jaar wat kan ek doen om dit af te kry enige boerreraad ek wil nie dokter toe gaan nie ek voel bang assebliief help

Reply to Anonymous
Posted by: Anonymous | 2016/03/17

ek is n 19 jare vrou en ek was all gerape by een of n man wat ek ken dit is al 9 jaar terug so ek will weet wat kan ek doen om hierdie vratte wat oral my vigina sit kan weg haal of wat kan ek gebruik om dit te laat wegkom ek is bang om dockter toe gaan em my man weet nie daar van nie asseblief help me please

Reply to Anonymous
Posted by: gerda | 2013/01/23

Veroorsaak die papiloomvirus soolvratte ook? My 18 jarige dogter sukkel tans met n soolvrat. Beteken dit dat sy met verlaagte weerstand n papiloom virus probleem kan kry - hetsy soolvrat of verhoogte risiko rakende serviks kanker? Op watter ouderdom word immunisering teen papiloomvirus gedoen?

Reply to gerda

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement