advertisement
Question
Posted by: Helena | 2010/01/25

James Johnson diet

Hallo dokter

Ek wil graag die Alternate day diet probeer. Ek wou vir my die boek bestel het, maar dis uit druk uit. Ek wil graag weet. As my normale dag bestaan uit:
2 x Weetbix
Vetvrye melk
1 suiker
Koffie met vetvrye melk en 2 suiker
4 snye bruin brood met kaas en tamatie
Varknek tjops met opgekookte aartappel en groente

Wat moet ek dan op die " down days"  eet? Volgens een van die webblaaie, sê  hulle vir my gewig en lengte moet ek op die " up days"  2357kJ eet en 589kJ op die " down days" . Hoeveel en wat moet ek dan eet?

Groetenis

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Helena
Ek moet erken dat ek nie met die James Johnson dieet vertroud is nie. Daar word immers elke week ten minste 2 nuwe diëte bekendgestel. Gister was dit die Tony Ferguson dieet, vandag Mnr Johnson se variasie. Van die inligting wat jy verskaf, klink hierdie Johnson dieet soos 'n uithongeringsdieet en is dus nie gebalanseer nie. 2357 kJ per dag is nie genoeg om 'n voëltjie aan die lewe te hou nie! Die aanbevole energie-inname vir vrouens wat wil gewig verloor, is 6300 kJ per dag. Ek sal aanraai dat jy liewer 'n gebalanseerde verslankingsdieet en oefening gebruik om gewig te verloor. y kan 'n lae-vet, hoë-vesel verslankingsdieet (kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy, en dan op 'Weight loss' en 'The right approach' en 'Slimming Diet') gebruik en sorg dat jy elke dag ten minste 30 min se aërobiese oefening doen. Dit is nie nodig om 'n gimnasium by te woon nie. Jy kan elke dag vir 30 min touspring.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2010/01/26

Beste Helena
Ek moet erken dat ek nie met die James Johnson dieet vertroud is nie. Daar word immers elke week ten minste 2 nuwe diëte bekendgestel. Gister was dit die Tony Ferguson dieet, vandag Mnr Johnson se variasie. Van die inligting wat jy verskaf, klink hierdie Johnson dieet soos 'n uithongeringsdieet en is dus nie gebalanseer nie. 2357 kJ per dag is nie genoeg om 'n voëltjie aan die lewe te hou nie! Die aanbevole energie-inname vir vrouens wat wil gewig verloor, is 6300 kJ per dag. Ek sal aanraai dat jy liewer 'n gebalanseerde verslankingsdieet en oefening gebruik om gewig te verloor. y kan 'n lae-vet, hoë-vesel verslankingsdieet (kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy, en dan op 'Weight loss' en 'The right approach' en 'Slimming Diet') gebruik en sorg dat jy elke dag ten minste 30 min se aërobiese oefening doen. Dit is nie nodig om 'n gimnasium by te woon nie. Jy kan elke dag vir 30 min touspring.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.