advertisement
Question
Posted by: Amm | 2009-04-14

Is HIV aansteeklik

As die HIV + pasient medikasie gebruik siekte nou twee jaar ses maande oud.Is sy aansteeklik indien sy met mes sou sny en ander mense het dalk oop wond??
Nou diagnose: shingles in oog. Weet nie of die Staathospitaal gereeld na CK tellings kyk. Lyk baie gesond iewat oorgewig na brandmaer oor die jare.Onlangs het ek haar op dieet gesit omdat sy net eenvoudig te veel eet.

Graf grawe met tande het ek vir haar gese.

Shingles in oog bekommer my is dit moontlik dat die HIV virus nou oorgegaan het in AIDS??

Hoe veilig is ons as huismense asseblief?/ Baie belangrik!!En ook i wil ek vra behalwe vir ys vir verligting van aangetasde area kan sy sout oplossing gebruik om blasie area af te vee?? Ek weet dat sy nou erg vatbaar is vir enige verdere infeksie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Amm
Mense wat op antiretrovirale medikasie is se virus tellings is gewoonlik laag maar bloed bly aansteeklik - sy moet weet om dadelik enige sny te was en toe te plak en alle areas wat bloed gemors het met jik water te was.
Staatshospitale vorg CD4 tellings gereeld op, maar hulle kry van tyd tot tyd infeksies soos shingles - dit kan enige iemand in jou huis wat nog nie waterpokkies gehad het nie, waterpokkies gee. ( Die vog in die blasies steek aan) Sy moet behandeling kry by 'n dokter vir die shingles as dit in die oog is anders kan sy blind word. Jy kan bactroban op die vel gedeelte sit en solank vir haar Chloromycetin oogsalf kry as dit in die oog is. Sy kan skoonmaak met flou oplossing van antisepticum op vel en saline oplossing vir die oog. Ys gaan nie regtig help vir die pyn nie, kry maar sterk pynpille soos Stopayne vir haar.
HIV steek net aan deur bloed en seksuele oordrag, sekondere infeksies soos TB en herpes kan egter die familie aansteek. Jy moet sorg dat sy gereeld gaan vir opvolge en haar voorkomende medisyne en vitamienes gebruik ( hulle gee gewoonlik Bactrim om pneumonie te voorkom en TB medikasie om TB te voorkom)
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Mel | 2009-04-14

As die mense met oop snye in -|- ak gekom het met die persoon se bloed kan dit oorgedra word, MIV is nie iets wat " airborne"  is nie, so mens kan dit glad nie so kry nie al is jy vol sere... jou oop wond moet -|- ak maak met die besmete bloed.

Hoop dit beantwoord een van jou vrae.

Reply to Mel

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement