advertisement
Question
Posted by: Ermelo Poplap | 2012/02/14

is ek swanger?

Goeie more
Ek wil net graag raad hê , ek is ‘ n 21 jarige dame,en voel die laaste ruk baie siek. Skaars nadat ek my oë  in die oggend oopmaak is ek vreeslik naar. En ek gooi 80% van die keer op. Ek gaan meer gereeld badkamer toe om te gaan piepie, en het dan ‘ n relatiewe groot noot. Ek kry ongelooflik baie sooibrand, en raak soms naar vir die kos wat ek eet. My rooi-worsie,kaas, tamatie sous en strawberry yogurt maak baie mense in my woonstel blok naar.
Ek het ook die 19 ste desember my laaste ordentlike menstruasie suklis gehad, ek het die 3 de januarie sommer weer begin maar dit was nie soos die vorige kere nie. (2weke nadat ek opgehou het), ek het die 2 de februarie weer begin, maar dit was meer soos ‘ n spotting, in die aand was dit skaars iets, en deur die dag ook net ‘ n paar druppels. Ek het teen die 5de Februarie heeltemal opgehou. Ek het deesdae vreeslik hoofpyn ook, en my suiker begin te val. Dit was vrydag 10 Februarie so erg dat ek moes dokter toe gaan aangesien my oë  so erg begin Blurr het dat ek skaars op die rekenaar kon sien. My maag voel ook hard(as mens daarop druk) en is geswel. Maar dit kan moontlik wees van die maagseer. Party kos soorte proe nie meer soos dit moet nie. En somige reuke maak my naar. Ek is ook deesdae so dat ek nie meer baie kan eet nie. ek voel te vinnig vol.
Ek het van werke verander en het baie stres gehad.
ek het ‘ n ruk saam met my ou geslaap, en is nie op die pil nie. Ek is deesdae siek, en was dokter toe. (ek is nie op die pil nie)
DI eerste dokter het my gestuur vir bloed toetse die 8ste Februarie, maar dit was negatief. Ek moes terug gaan na die dokter toe, en hy het vir my gesê  dat ek vaginale infeksie het , asook ‘ n maagseer. En dat dit dalk die oorsaak kan wees van my problem. Ek het ook nie seer by my vroue dele nie, en juk ook glad nie. Daar is nie eers ‘ n afskeiding nie.
Vrydag 10 Februarie het ek na ‘ n ander dokter toe gegaan. En hy het vir my ook gesê  date k ‘ n maagseer het, vaginale infeksie asook blaas infeksie. Ek persoonlik glo nie ek het blaas infeksie nie, want my Piepie brand nie, en dis ook nie date k voel ek wil gaan piepie en dat daar niks uitkom nie. Soos ek daar bo sê  elke keer wat ek badkamer toe gaan piepie ek baie. Ek het ook nie seer nie. Die dokter wee took nie mooi nie. Want alle simptome lei op mekaar. Ek stress my dood en weet nie meer watter kant toe nie. En ek is veral bang dat ek swanger is want dan kan die pille wat ek drink nadelig wees.
Is alles all-in-the-mind? Of kan ek swanger wees, of kan dit moontlik wees dat dit maar net al die simptome wat saam vloei.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageSexologist

please consult a gynae for an expert opinion / consult.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: sexologist | 2012/02/16

please consult a gynae for an expert opinion / consult.

Reply to sexologist
Posted by: nikki | 2012/02/14

Jy is nie swanger nie, dis redelik logies na al die toetse.. Gaan eerder dokter toe en verduidelik vir hom jou simptome.

Reply to nikki
Posted by: Verward | 2012/02/14

ja ek het al, en dit was ook negatief, het die 7de Februarie die gewone een gedoen

Reply to Verward
Posted by: Nini | 2012/02/14

Het jy al n gewone swangerskap toets probeer?

Reply to Nini

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement