advertisement
Question
Posted by: Zen | 2009/01/20

is ek die verkeerde een?

Hi Doc

Ek en my man is 3 ½  jaar getroud, 7 jaar in totaal saam. Ons het kort-kort probleme in ons huwelik. Dit het eintlik al begin nog voor ons getroud is. Min mense hou van my man. Byna elke gesprek waarby hy betrokke is, eindig in ‘ n stryery omdat hy glo hy is altyd reg. Ons het nie juis vriende nie en my vriende wat het ek van voor ek hom ontmoet het, hou nie van hom nie. Sy eie pa wil skaars met hom praat, oor dinge wat hy aan sy pa gedoen/gesê  het in die verlede. Vir die grootste deel van ons verhouding moes of ek of sy ouers hom finansieel onderhou, want hy is kort-kort werkloos. Vir meer as 2 jaar nou dra ek die huishouding. Hy het tot verlede jaar net ons 18maand oue dogtertjie se skoolfooie betaal, die res is my verantwoordelikheid. Hy het Desember bedank as eiendomsagent en was weereens werkloos. Hy was ook vantevore getroud. Na sy egskeiding het hy blykbaar in depressie verval, is daarvoor opgeneem in ‘ n kliniek. Na sy egskeiding het hy ook die vreeslikste goed gedoen, soos prostitute gebruik en vroue via internet geselskamers ontmoet en dan seks met hulle gehad (one-night-stands).

Met al ons probleme, veral die finansië le druk op my, het ek koud en afgesonderd teenoor hom geword. Dit het vir my gevoel ek is op my eie en dat hy my doodbloei. In verlede jaar het ek vermoed hy is op die berugte Mxit, waarna ek hom gekonfronteer het daaroor (hy het besonder baie lugtyd gebruik). Hy was kwaad vir my en het my aangeval dat ek hom valslik beskuldig. ‘ n Paar maande later, toe ons dogter 5 maande oud was, ontdek ek sy ou selfoon met vreemde nommers daarop asook ‘ n foto wat hy van homself vir iemand gestuur het. Ek het al hierdie nommers gebel: elkeen was ‘ n vrou met wie hy op Mxit gesels het! Dit was vir my ‘ n hengse skok. Ek het hom gekonfronteer weereens. Raai wat was sy reaksie? Hy het my beskuldig dat dit MY skuld is dat hy hom na Mxit moes wend om geselskap te soek. Hy het my vertel dit was onskuldig. Een van die vroue wat ek gebel het, het vir my gesê  “ Mevrou, jou man is ‘ n chancer” . Sy het my toe vertel dat hy haar vertel het dat hy ‘ n ander dame persoonlik ontmoet het. Toe ek hom daarmee konfronteer, moes hy dit erken, maar weereens was dit volgens hom “ onskuldig” . Tot vandag to (meer as ‘ n jaar later), is dit vir my ‘ n probleem, want hy het my nog nooit hieroor om verskoning gevra of enige berou getoon nie, hy maak net vir my uit as die sondaar. Die afgelope jaar was ons deur baie struwelinge in ons huwelik, grootliks agv Mxit en dit feit dat ek nie daaroor kan kom nie. Hy sê  ek moet net daarvan vergeet en aangaan, maar hoe kan ek? Ek kan nie closure kry nie, want hy wil nie erken hy was verkeerd nie! Intussen het ek nog die heeltyd vermoed hy is besig met ander dinge. Ons verhouding het in Desember verlede jaar ‘ n breekpunt bereik en ek het met ons kind Kaap toe gevlug vir 3 weke vakansie. Hy het my vooraf gedreig dat as ek ons kind sou Kaap toe neem, hy my op enige manier sou probeer keer. Voor ek weg is, het ek ‘ n SMS op sy foon gekry waar hy weereens sy foto vir ‘ n vrou gestuur het. Die opskrif van die foto was nogal “ jy is nie te bad nie” . Ek het die vrou gebel en sy het my ‘ n storie vertel dat die foto eintlik vir haar vriendin is, dat die vriendin blykbaar my man moet ontmoet want hy moet vir haar ‘ n huis wys. Die hele storie maak nie vir my sin nie, want as die “ vriendin”  dan my man se nommer het, hoekom het sy nie self vir hom sy foto gevra nie? En hoekom was die foto se opskrif so vreemd? My man se verklaring was weereens dat hy dit “ nie kan onthou nie” .

Terwyl ek met vakansie was, het ek baie mooi gaan dink oor ons huwelik en besluit dat ek nog een laaste keer sal probeer: dat ek vir ons berading by FAMSA sal bespreek sodra ek terug is. Met my terugkeer het dit haak-en-tak gegaan. My man het so pas vir hom ‘ n nuwe selfoon gekoop en sy oue vir my gegee. Toe ek die naweek vir iemand ‘ n foto wou stuur, kom ek af op vreemde adresse (e-posse) waarna hy foto’ s gestuur het. Toe ek op die webtuistes ingaan, was dit sogenaamde “ dating sites” ! Toe ek hom daaroor konfronteer, kon hy kamstig nie sulke goed onthou nie. Dink hy ek is dom? As mens jouself op sulke plekke gaan registreer as ‘ n gebruiker, gaan jy dit mos onthou? Toe het ek verder gegaan en gaan kyk op die foon se geskiedenis van SMS’ e en die nommers gebel: almal was vroue wat geantwoord het. Die foon het egter nie gewys wat gestuur is en wanneer dit gestuur is en wat gestuur is nie. Agterna sê  hy nou vir my hy het seker maar op daardie webtuistes gaan registreer die tyd toe hy op Mxit was en toe hy sien dit werk nie vir hom nie, slegs met Mxit aangegaan. Maar dit bewys dus sy redenasie dat sy Mxit-geselsies net die soek van vriendskap was, as ‘ n liegstorie. Mens registreer nie op ‘ n dating website om vriende te soek nie, nie waar nie? Verder het sy beste vriend vir my die naweek vertel dat hy SMS’ e verwissel met ‘ n ander vrou en dat die vrou hom genooi het vir “ koffie” . Toe my man nou sy nuwe foon gekoop het, het hy dit geblok dat ek nie sy SME’ s kan lees nie. Nou verstaan ek hoekom! Toe ek hom konfronteer oor die ander vrou, weier hy om enige inligting vir my daaroor te gee, want hy sê  ek sal dit net uit verband uit ruk. Die feit dat hy dit vir my weggesteek het, wys hy voel skuldig en weet dat hy besig is met goed wat verkeerd is.

Die kersie op die koek is daar daar tydens my vakansie in die Kaap, kondome uit my man se kas “ verdwyn”  het. Hy kan nie mooi verduidelik waarheen dit verdwyn het nie. Hy beweer hy het sy kas reggepak en dit het seker uitgeval en dat hy dit saam met al die gemors weggegooi het.

As ek al hierdie inligting bymekaar pas soos ‘ n legkaart, bou dit ‘ n baie lelike prentjie. Is ek verkeerd om paranoï es te wees oor sy lojaliteit teenoor my? Hy hou vol hy is lief vir my en het selfs sover gegaan om ‘ n DVD genaamd “ Biblical Portrait of Marriage”  te koop sodat ons dit saam kan kyk en aan ons huwelik werk. Hy hou vol hy is die enigste een wat aan die huwelik probeer werk en daarvan ‘ n sukses wil maak. Sy dade wys egter die teenoorgestelde, nie waar nie? Ek verdink hom van als en nog wat: as hy laat is van ‘ n afspraak, dink ek hy was by ‘ n ander vrou. Ek het dit al oorweeg om ‘ n privaat speurder te kry om hom te ondersoek, maar ek het nie die geld nie. Mxit en hierdie dating sites waarop hy was, is vir my soos verneuk, om nie eens te praat van die skelm SMS’ e met die ander vrou nie (hy hou vol dis was onskuldig en dat hy haar nie ontmoet het nie, maar waar het sy dan sy nommer vandaan gekry as hy dit nie vir haar gegee het nie?).

Is ek dom om nog in hierdie huwelik te wees as hy duidelik nie respek het vir my nie? Die probleme in ons huwelik het al my gesondheid begin aantas: ek is kort-kort siek en het spysverteringsprobleme. Van ons sekslewe het niks oorgebly nie, want dit voel vir my ek is dood. Dit help ook nie dat my man sukkel met premature ejakulasie nie.

Ek weet nie meer watter kant toe nie, maar dit kan nie so aangaan nie. Hy maak my gevoelens af as niks, dat ek basies ‘ n blinde ook moet gooi oor sy dade en dat ek moet aanvaar dat als my skuld is. Intussen kraak hy my gedurig af, sê  ek is is ‘ n slegte ma en ‘ n slegte vrou, dit terwyl ek sorg vir ‘ n dak oor sy kop, klere aan sy lyf en kos in sy maag. Wanneer hy met my baklei, noem hy my ook die vieslikste name onder die rok uit. Daar is niks van my selfbeeld oor nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

I agree with vv, time for stocktaking. If he sees no fault or problem and refuses to join you in seeking mariage counslling, then the situation will not change for the better.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

6
Our users say:
Posted by: slr | 2009/01/21

what do you see in this piece of rubbish? why do women think it is better to be with useless sh*t than to be single?

you do not have to be married to be able to let your daughter have a father....she can see him every 2nd weeknd when you are divorced.

GET SOME SELFRESPECT and get out of this marriage. Or live with the consequences (aids etc.). How will getting a disease like THAT be beneficial to the child you claim to care about???

Reply to slr
Posted by: Hoekom | 2009/01/21

Sê  ons asseblief hoekom jy met die gemors getrou het as dit al voor die huwelik so sleg gegaan het? Nee, vader, hoeveel keer gebeur dit en dan later is daar lang trane en hoekoms. Jy het mos geweet hy is nou nie eintlik ' n upstanding member of the community nie. Hoekom ' n kind hê  en dan moet sy nog die stront sien ook? Ja, sy is lief vir haar pa, want dit is al wat sy ken. Sy sal eerder gelukkiger wees met ' n pa en ma wat geskei is en daar nie soveel onmin in die huis is nie. DINK asseblief aan die kinders - nie jy of enige ander persoon gaan van hierdie luis ' n man maak nie. Vat jou kind en maak ' n dekselse lewe vir julle - of jy nou saam of sonder hom is, jy doen dit in elk geval!!!!

Reply to Hoekom
Posted by: Zen | 2009/01/20

Ek dink wat dit vir my moeilik maak om net my goed te vat en te loop, is die feit dat ons ' n kind het. Sy is duidelik baie lief vir haar pa en terwyl ek en sy vir 3 weke alleen met vakansie was, het sy na hom gevra. Hy is nie direk ' n slegte pa nie (behalwe vir die feit dat hy nie finansieel bydrae nie). Hy is wel ' n slegte man vir sy vrou!

Wat my bang maak, is dat ek al (soos die naweek toe ek uitvind van die SME' e aan die ander vrou en die dating sites), totaal en al beheer verloor en hom slaan!!! Die naweek het ek in woede na hom geslaan en gegil " ek is moeg daarvan dat jy my lewe ruï neer" . Agterna was ek so geskok dat ek dit gedoen het, dat my hele lyf gebewe het. Hy het my aan my arms beetgekry tydens my woede uitbarsting, soveel so dat my bo-arms nou bloumerke ophet.

Hoe kry mens dit reg om iemand weer te vertrou as hulle jou nie rede gee om hulle te vertrou nie?

Reply to Zen
Posted by: anon | 2009/01/20

ek voel nes jy - my man is net so baie sonder werk en ek moet alles onderhou, die enigste ander ding is, hy is ' n alkolis, hy verneuk my nie, maar drink al die geld uit en lieg oor waar hy is en oor hoe laat hy by die huis kom, sodat hy kan drink, dan dink hy ek is dom en kan nie sien hy het gedrink nie, maar hou aan hy het glad nie gedrink nie. ek kan ook nie verstaan wat fout is met my nie want ek kan hom net nie los nie - soms haat ek hom, maar kan dit net nie reg kry om net my goed te vat en te loop nie!!!

Reply to anon
Posted by: ??? | 2009/01/20

Wat soek jy nog met hom?

Reply to ???
Posted by: Vuurvliegie | 2009/01/20

Zen

Ek voel baie jammer vir jou vir die situasie waarin jy jou huidiglik bevind. Toevallig het ek laasweek ' n episode van Oprah gekyk waar ' n huweliksberader genaamd M. Gary Neuman, en skrywer van die boek "  The Truth About Cheating"  gesels het. Een ding wat my opgeval het is, waar die man nie kan berou vir wat hy verkeerd gedoen het nie en selfs selfvoldaan voel oor wat hy doen en daarmee voortgaan, daar nie aan die verhouding gewerk kan word nie.

Soms moet ' n mens " stock"  vat van jou lewe/verhouding en besluit wat is die beste pad vir jou vorentoe. Tyd gaan so vinnig verby en ek glo dat jy nie oor ' n jaar nog in dieselfde situasie wil wees nie. Tien teen een weet jy alreeds wat jy moet doen, maar is dalk bang vir die nagevolge. Reik uit na ' n vriendin of selfs ' n geestelike berader om jou te ondersteun in jou pad vorentoe. Jy hoef dit nie alleen te doen nie.

Sterkte.

Reply to Vuurvliegie

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement