advertisement
Question
Posted by: Nadia | 2008/10/28

Is dit nadelig/gevaarlik?

Hi Dok, ek het 2 Labradors wat by ons in die huis woon (hul slaap snags by ons in die kamer op hul eie bedjies). Ons beplan om volgende jaar swanger te word - is dit gevaarlik/nadelig met die honde so in die huis en wat as die babatjie eers daar is? Ek is ongelooflik lief vir my 2 honde (hul is soos my kinders).

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Nadia
Solank jou honde nie bosluise of vlooie dra nie, ontwurm is en gereeld hulle inentings kry, is dit nie 'n risiko vir 'n swangerskap nie. Mens moet net versigtig wees as die baba daar is, hulle kan nogal jaloers word en mens wil ook nou nie hê dat hulle die baba in die gesiggie lek nie - hulle gaan maar 'n trappie moet afskuif as pienkvoet eers daar is! Dis egter goed (dink ek) vir kinders om met diere in die huis groot te word!
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement