advertisement
Question
Posted by: Madelein | 2010/08/18

Is dit moontlik diabetes?

My man is 40 jaar oud, normale gewig en eet meestal gesond. Hy het die volgende simptomes: Drink baie water (3.6l water + 2l ander vloestowwe) en is gereeld dors. Hy het gesukkel om te fokus op sekere fyn goed wat hy doen (blurred) maar dit is beter vandat hy supradin drink. Hy het onlangs ''n baie ernstige blaasinfeksie gehad (iets wat hy nooit voorheen gehad het nie). Sy vastende insulien en glucose is getoets die uitslae was soos volg: Glucose: 5.18 en insulien 11.38 wat blykbaar normaal is. As hy gaan sit in die aand sal hy sommer aan die slaap raak op die stoel (Dit lyk of hy stadiger en vlakker asem haal wanneer hy so aan die slaap raak). Hy kry ook in die aande die vreeslikste krampe in sy bene en moet strek voordat hy enigsins kan dink om te slaap. Kan dit diabetes wees of wat anders?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Madelein
Dit lyk nie soos diabetes mellitus as ek na sy vastende glukose waarde kyk nie, maar ek dink sy nierfunksie, urien osmolaliteit, volbloed telling en skildklier moet dalk getoets word. Daar is 'n ander toestand (diabetes Insipidus) wat geen verband met suikersiekte het nie, maar 'n oorafskeiding van 'n sekere hormoon in die nier is, wat verlies van water en soute veroorsaak. Hulle kry ook krampe agv lae kalium vlakke. Vra jou dokter om dalk ook te kyk daarna?
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2010/08/18

Hallo Madelein
Dit lyk nie soos diabetes mellitus as ek na sy vastende glukose waarde kyk nie, maar ek dink sy nierfunksie, urien osmolaliteit, volbloed telling en skildklier moet dalk getoets word. Daar is 'n ander toestand (diabetes Insipidus) wat geen verband met suikersiekte het nie, maar 'n oorafskeiding van 'n sekere hormoon in die nier is, wat verlies van water en soute veroorsaak. Hulle kry ook krampe agv lae kalium vlakke. Vra jou dokter om dalk ook te kyk daarna?
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement