advertisement
Question
Posted by: Anoniem hiervoor | 2011/05/05

Is dit eties?

Dr Cindy Zietsman het sopas metformin vir my maer broer (32  op Lipitor vir oorerflike hipercholesterolemie) voorgeskryf nadat hy met ''n glukose van 5.6 en insulien van 13 getoets het. Sy het vir hom gese om nie te eet voor die bloedtoets nie, maar niks van drink gese nie, so toe drink hy koffie met 3 suikers voor die bloedtoets. Toe bel haar sekretaresse (nie eens sy self nie) hom en se ''jy is pre-diabeties, hier''s ''n voorskrif vir metformin en sien ''n dieetkundige''...die arme ou en ons ma het hulle doodgeskrik omdat hy nou ''n ''diabeet'' is.
Gelukkig het ek toe sommer self met die sekretaresse gepraat en hy gaan nou more-oggend vir ''n opvolg ware vastende glukose en insulien toets. Ek vra myself egter af wat die kriteria vir die voorskryf van orale hipoglikemiese medikasie is?? ek sou dink dat met so ''n grensgeval mens eers dieet en oefening sou probeer? ek is werklik teleurgesteld hoe my broer se geval hanteer is.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Ek stel voor dat jou broer 'n formele GTT (glukose toleransie toets) ondergaan. Dit klink asof dit die toets is wat wel geskeduleer is. Die kriteria vir pre-diabetes is 'n vastende glukose vlak tussen 6.1 en 6.9 (die grys area tussen normale suiker en moontlike diabetes). In die lig van sy verhoogde cholesterol moet die dokter alle ander risiko faktore vir kardiovaskulere siekte so gou as moontlik aanspreek.

Stel jou broer gerus, want ek dink hy is in bekwaamde hande. Vastend beteken geen kos, geen water, geen suiker en ek dink sy was maar net nie bewus daarvan dat jou broer dit nie so verstaan nie.

Oefening en dieet is baie belangrik, maar is nie altyd die enigste behandeling om kardiovaskulere komplikasies te voorkom nie.

Groete



Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement