advertisement
Question
Posted by: Susan | 2011/11/03

Is daar nog iets wat sal help?

Goeie more Doc
Ek het op 140kg " gastric bypass op gehad net om later te hoor dis onwettig is SA - maar het net 20kg verloor. Ek is ook Bipoler, het ''n onderaktiewe skildklier (is op Eltroxin hoewel my T3 &  T4 normaal is na die meds bly my TSH lesing buite perke.) So saam met Zyprexa, Epitec &  Cyngem het ek besluit om onder toesig van my Psigiater (wat my net geloer het oor die besluit) op Ciplatrim te gaan, Weigh-Less te doen en ek stap nou 2km in ''n aand (wat ek HAAT)...maar steeds verloor ek bitter stadig! Ek is al gesê  ek is insulien weerstandig hoewel geen toetse daarvoor gedoen is nie. Dink jy ek moet die Glocophase probeer? die ander opsie is om die gewigstryd op te gee - maar om so vet te wees is baie rof op my sielkundige welstand (bo-op alles)!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Susan
Ek is jammer dat jy so sukkel met jou gewig. Depressie en van die noodsaaklik medikamente wat jy neem, kan tot gewigstoename bydra en gewigsverlies stuit. Ek wil dringend voorstel dat jy dadelik 'n geregistreerde dieetkundige spreek. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal moet evalueer wat jy eet en of sy/hy dink dat jy wel insulienweerstandig is, al dan nie. Indien die dieetkundige meen jy ly aan insulienweerstand dan sal sy/hy vir jou stuur vir die nodige toetse. Dit is nie aangewese om sommer Glucophage te neem as jy nie 'n insulienprobleem of tipe 2 diabetes het nie. Indien jy wel aan insulienweerstand ly, dan sal die dieetkundige vir jou 'n lae-vet, lae-GI dieet voorskryf wat sal help vir die gewig en om jou suiker- en insulienvlakke te normaliseer. Daardie 2 km stap elke aand is een van die mees positiewe dinge wat jy kan doen. Lees gerus Helena se bydrae wat vandag hier gepos is waar sy berig hoe oefening by Curves vir haar laat wonderlik voel. Al HAAT jy die oefening, kan dit die verskil tussen sukses en mislukking beteken.
Soos die advertensie sê: "Keep walking!"
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011/11/03

Beste Susan
Ek is jammer dat jy so sukkel met jou gewig. Depressie en van die noodsaaklik medikamente wat jy neem, kan tot gewigstoename bydra en gewigsverlies stuit. Ek wil dringend voorstel dat jy dadelik 'n geregistreerde dieetkundige spreek. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal moet evalueer wat jy eet en of sy/hy dink dat jy wel insulienweerstandig is, al dan nie. Indien die dieetkundige meen jy ly aan insulienweerstand dan sal sy/hy vir jou stuur vir die nodige toetse. Dit is nie aangewese om sommer Glucophage te neem as jy nie 'n insulienprobleem of tipe 2 diabetes het nie. Indien jy wel aan insulienweerstand ly, dan sal die dieetkundige vir jou 'n lae-vet, lae-GI dieet voorskryf wat sal help vir die gewig en om jou suiker- en insulienvlakke te normaliseer. Daardie 2 km stap elke aand is een van die mees positiewe dinge wat jy kan doen. Lees gerus Helena se bydrae wat vandag hier gepos is waar sy berig hoe oefening by Curves vir haar laat wonderlik voel. Al HAAT jy die oefening, kan dit die verskil tussen sukses en mislukking beteken.
Soos die advertensie sê: "Keep walking!"
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.