advertisement
Question
Posted by: Charlotte | 2011/06/27

Irriterende kuggie

Beste Dr Anrich
Het nou weer nuwe ding, my huisdokter sê  dit is allergie maar sal graag jou opinie wil hoor. Ek het hierdie droë  hoesie wat my tydig en ontydig oorval, en wanneer ek hoes gooi ek op, geen keer daaraan nie, ek word sommer so hoesende wakker en moet dan hol vir die badkamer, het Allergex en Sinumed gedrink maar dit hou steeds aan, het nog nooit gesukkel met sinus, allergië e nie, het ook nie toe neus of hoofpyne nie, maar dit bly ''n hoesende kotsende spul, ag nee wat anders dan, dit is " embarassing"  by die werk en oral waar ek is!!! Dankie vir jou opinie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Charlotte

Om 'n allergiese rinitis uit te skakel, stel ek voor dat jy 'n Oor-, neus- en keelspesialis vir 'n ondersoek, bloedtoetse en moontlike allergie toetse konsulteer. 'n Post-nasale drup kan die stembande irriteer en die hoes buie veroorsaak, met gevolglike naarheid.

Sommige pasiente met refluks gastritis (maagsappe wat terug stoot vanuit die maag tot in die keel) ondervind ook hierdie simptome.

Indien dit nie as gevolg van 'n allergiese rinitis of sinusitis is nie, kan jy jou dokter vir 'n verwysing vir 'n barium maal en gastroskopie vra.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement