advertisement
Question
Posted by: Kliniek sister | 2009-02-18

Intragram inspuiting of nie

Hi Doc,
Ek wil net navraag doen oor die Intragram inspuiting, ek het ' n pt gesien wat blykbaar nie teenliggaam proteiene het nie en haar Dermatoloog het vir haar op ' n chroniese Intragram 6 weekliks gesit. Is dit die regte ding om te doen sy het erge ekseem en daarom die rede vir die inspuitings. Ek is bietjie skrikkerig om dit sommer net te gee aangesien dit lewendige menslike immunoglobuliene is en ek het reeds ' n pt gehad wat anafilaktiese skok gekry het toe ek hom ingespuit het. Dit voel net nie vir my na die regte rigting om te loop nie. Kan u my dalk help. Die pt wil veral meer weet oor die tekort aan die teenliggaam proteien.

Baie dankie
Sr T Victor

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Sr Victor
Daar is immuunglobulien tekort siektes, maar dit word gewoonlik deur hematoloë gediagnoseer want dit is nogal ingewikkeld om te bepaal. As iemand wel 'n bewysde immuunglobulien tekort het, is Intragram 6 weekliks die aangewese behandeling. Sorg maar net dat jou noodblad altyd op datum is en reg staan en vra maar die pasient om 'n paar minute na die inspuiting te sit en wag sodat jy kan sien alles is ok. Miskien moet jy die dermatoloog bel en net hoor watter soort immuunglobulien tekort die pasient het en dan kan mens vir die pasient bietjie oplees daaroor.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement