advertisement
Question
Posted by: Keen | 2009-04-14

Interstitial Cystitis

Hi dok

Ek is 32 en was onlangs (na 3 jaar se simptome) gediagnoseer met Interstisiele sistitis. Die uroloog het ' n sistoskopie gedoen en gesê  die tekens is daar, maar dis nie baie erg nie. Hy het gesê  daar is nie ' n middel om dit te genees nie, so hy kan net die simptome behandel. Ek is ' n man en dis blykbaar baie skaars in mans.

Ek het nou twee vrae:

1. Ek het van Januarie af my hoe bloeddrukpille verander. Ek kon nie prexum drink nie, toe gee my internis vir my tareg 80mg. Ek neem ook Adco-Bisocor 5mg. Behalwe die bloeddrukmedikasie is ek op 50mg trepeline en .5mg rivotril (maar daai twee neem ek al vir twee jaar al). My simptome het begin vererger vanaf Januariemaand...kan die Tareg dalk die oorsaak wees?

2. Pynpille doen bitter min aan my pyn. Ek kan nie ibuprofen of anti-inflammatoriese middels drink nie, want dit brand my blaas verskriklik. Ek drink maar stilpane of adco-dol. Maar ek is bekommerd, want ek drink dit nou amper elke dag en ek wil nie afhanklik begin raak van dit nie. Is daar dalk ' n ander middel wat sal kan help met die pyn wat nie gewoontevormend is nie.

Ek sien die uroloog eers weer oor ' n maand, en sy ontvangsdames is nie vreeslik behulpsaam nie. Ek sal wel die vrae wat ek aan jou gevra het aan hom stel.

Baie dankie vir jou hulp

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Keen
Probeer eerder Dolorol of Dolorol Forte vir die pyn, beide Stilpane en Adcodol bevat meprobamaat wat verslawend is. Tareg gee gewoonlik nie blaas probleme nie, maar dit mag dalk die moeite werd wees om jou dokter te vra om die bloeddruk pil te verander en te kyk of dit 'n verskil maak.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement