advertisement
Question
Posted by: Sharon | 2012/03/15

Insulienweerstandig

Baie dankie vir jou goeie raad wat jy altyd bereid is om met ons te deel!

My vraag is: hoe weet ''n mens as jy insulienweerstandig is? Ek is nie oorgewig nie, maar het die afgelope ruk gewig opgetel, veral om my maag, boude en bobene. Tog gim ek ten minste 5 keer ''n week - ek wissel bootcamp met oefenklasse af.

Ek ''crave'' ook soetgoed die heeltyd. Ek sal jou antwoord baie waardeer!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Sharon
Dit is 'n plesier. Dankie vir jou mooi woorde. Die enigste manier om wetenskaplik vas te stel of mens aan insulienweerstandigheid (IW) ly, is om jou bloedglukose te laat meet. Tydens so 'n toets sal die laboratorium nie net jou veranderende bloedglukosewaardes bepaal nie, maar ook die verandering in die insulienvlakke wat daarmee gepaard gaan. Jou huisarts sal so 'n toets vir jou reël, indien nodig. Die dokter sal eers 'n lukraak of vastende bloedglukosetoets laat doen en ook toets of daar glukose in jou urine uitgeskei word. Indien jy wel aan IW ly, moet jy asseblief van die begin af 'n geregistreerde dieetkundige spreek. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal jou dan help met 'n individuele dieetvoorskrif vir jou IW wat nie net die toestand sal verbeter nie, maar ook sal bydra tot gewigsverlies.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Debbie Pottas | 2012/03/27

Is daar ''n nuwe middel op die mark in die vorm van ''n inspuiting vir di behandeling van insulienweerstandigheid?

Reply to Debbie Pottas
Posted by: DietDoc | 2012/03/16

Beste Sharon
Dit is 'n plesier. Dankie vir jou mooi woorde. Die enigste manier om wetenskaplik vas te stel of mens aan insulienweerstandigheid (IW) ly, is om jou bloedglukose te laat meet. Tydens so 'n toets sal die laboratorium nie net jou veranderende bloedglukosewaardes bepaal nie, maar ook die verandering in die insulienvlakke wat daarmee gepaard gaan. Jou huisarts sal so 'n toets vir jou reël, indien nodig. Die dokter sal eers 'n lukraak of vastende bloedglukosetoets laat doen en ook toets of daar glukose in jou urine uitgeskei word. Indien jy wel aan IW ly, moet jy asseblief van die begin af 'n geregistreerde dieetkundige spreek. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal jou dan help met 'n individuele dieetvoorskrif vir jou IW wat nie net die toestand sal verbeter nie, maar ook sal bydra tot gewigsverlies.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.