advertisement
Question
Posted by: Liezel | 2010/11/21

Insulienweerstandig

Ek is insulienweerstandig, ek is ook hopeloos oorgewig. Ek weeg tans 95kg en is 34 jaar oud en 164 lank. Ek is al so negatief teenoor diete. Die dokter het iets genoem dat ek ''n " Metabolic Syndrome"  het. Wat beteken dit vir my? Hoekom eet ek die heeltyd en waarom begin ek skelm eet? ASB gee raad!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Liezel
Jou huidge BMI = 35,9 wat baie hoog is. Om net in die oorgewig kategorie te kom met 'n BMI van 27, behoort jy 71 kg te weeg, dus 'n verlies van 24 kg. Die Metaboliese Sindroom is 'n reeks toestande soos oorgewig, insulienweerstandigheid of tipe 2 diabetes, hoë bloeddruk, en hoë bloedcholesterolvlakke wat almal saam by 'n persoon voorkom. Gewoonlik kan mens besonder goeie resultate bereik deur net die persoon se gewig te verlaag d.m.v. 'n lae-vet, lae-glisemiese indeks (GI) dieet en daaglikse oefening soos flink stap vir 30 of meer minute. Dit is absoluut essensieel dat enigiemand met insulienweerstandigheid of metaboliese sindroom 'n geregistreerde dieetkundige spreek om 'n persoonlike lae-vet, lae-GI dieetvoorskrif te kry. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal jou ook kan adviseer hoe om hierdie dieet toe te pas. Klik intussen op 'DietnFood' bo aan hierdie bladsy en dan op 'Weightloss' en 'The Glycaemic Index' en lees die artikels oor hierdie onderwerp. Terwyl jy op die DietDoc Webwerf is, klik ook op 'Food as Medicine' en lees die artikels oor tipe 2 diabetes. Doen ook ‘n soektog op die DietDoc Webwerf met “Metabolic Syndrome” om die artikels oor hierdie toestand te kan lees.
Sterkte vorentoe
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2010/11/21

Beste Liezel
Jou huidge BMI = 35,9 wat baie hoog is. Om net in die oorgewig kategorie te kom met 'n BMI van 27, behoort jy 71 kg te weeg, dus 'n verlies van 24 kg. Die Metaboliese Sindroom is 'n reeks toestande soos oorgewig, insulienweerstandigheid of tipe 2 diabetes, hoë bloeddruk, en hoë bloedcholesterolvlakke wat almal saam by 'n persoon voorkom. Gewoonlik kan mens besonder goeie resultate bereik deur net die persoon se gewig te verlaag d.m.v. 'n lae-vet, lae-glisemiese indeks (GI) dieet en daaglikse oefening soos flink stap vir 30 of meer minute. Dit is absoluut essensieel dat enigiemand met insulienweerstandigheid of metaboliese sindroom 'n geregistreerde dieetkundige spreek om 'n persoonlike lae-vet, lae-GI dieetvoorskrif te kry. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal jou ook kan adviseer hoe om hierdie dieet toe te pas. Klik intussen op 'DietnFood' bo aan hierdie bladsy en dan op 'Weightloss' en 'The Glycaemic Index' en lees die artikels oor hierdie onderwerp. Terwyl jy op die DietDoc Webwerf is, klik ook op 'Food as Medicine' en lees die artikels oor tipe 2 diabetes. Doen ook ‘n soektog op die DietDoc Webwerf met “Metabolic Syndrome” om die artikels oor hierdie toestand te kan lees.
Sterkte vorentoe
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.