advertisement
Question
Posted by: Lin | 2011-05-03

Insulienweerstand

Ek wil net graag weet of dit moontlik is om insulienweerstandig te wees, al is jy ondergewig? Ek is 27 jaar oud, 1.72m lank en weeg 48kg. Tog het ek die laaste ruk onverklaarbaar gewig opgetel. Ek sal u antwoord baie waardeer.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Lin
Dit is moontlik dat iemand wat nie oorgewig is nie, wel aan insulienweerstandigheid kan ly. In jou geval waar jou BMI = 16,2 is (lewensgevaarlike ondergewig), sal ek skat dat enige gewig wat jy opgetel het, moontlik die gevolg is van waterretensie a.g.v. elektrolietwanbalanse wat deur gebrekkige voedselinname veroorsaak kan word. Raadpleeg asseblief dadelik vir jou eie gesondheid se onthalwe 'n mediese dokter en 'n geregistreerde dieetkundige. Die mediese dr sal moet kyk of jy nie aan gebreksiektes ly nie, en die dieetkundige sal jou help met 'n individuele dieetvoorskrif om jou te help om sulke voedingsgebreke te herstel. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal ook help dat jy begin normaal eet en jou BMI kan verhoog tot 21 (gewig van 62 kg), sodat jou gewig weer binne die normale reikwydte val.
Gaan asb dadelik vir deskundige hulp
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011-05-03

Beste Lin
Dit is moontlik dat iemand wat nie oorgewig is nie, wel aan insulienweerstandigheid kan ly. In jou geval waar jou BMI = 16,2 is (lewensgevaarlike ondergewig), sal ek skat dat enige gewig wat jy opgetel het, moontlik die gevolg is van waterretensie a.g.v. elektrolietwanbalanse wat deur gebrekkige voedselinname veroorsaak kan word. Raadpleeg asseblief dadelik vir jou eie gesondheid se onthalwe 'n mediese dokter en 'n geregistreerde dieetkundige. Die mediese dr sal moet kyk of jy nie aan gebreksiektes ly nie, en die dieetkundige sal jou help met 'n individuele dieetvoorskrif om jou te help om sulke voedingsgebreke te herstel. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal ook help dat jy begin normaal eet en jou BMI kan verhoog tot 21 (gewig van 62 kg), sodat jou gewig weer binne die normale reikwydte val.
Gaan asb dadelik vir deskundige hulp
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.