advertisement
Question
Posted by: Helena | 2012/10/30

Insulien weerstandigheid: the update

Goeie dag dokter

Ek vra groot onverskoning dat ek nou eers weer na maande terugvoering gee. Ek hoop dit gaan goed.

So ek het my eerste 5kg verloor, en 1.5 daarvan weer opgetel. Na ''n " good talking to"  van my dieetkundige, het ek sterk begin en goed gevorder. Weeg nou weer oor 2 weke. Glo die uitslae sal positief wees.

Ek trou die 13de April volgende jaar. So ek is erg desperaat om onder 95kg te kom voor dan. Is tans op 108kg. Nog net 13kg om te gaan. Moes Curves bedank, ek is bevorder by my werk so kom laat saans by die huis. Het nou Ballroom dancing 2keer ''n week opgeneem as ''n sport saam met toekomstige manlief. Geniet dit baie.

Insulien het mooi geval. Van 12 na 9.6. Wil sommer gou hoor, :" rumour has it"  dat as mens se insulien onder 10 is dat mens nie meer insulien weerstandig is nie???

Ek en ''n dame by die werk help mekaar, motiveer mekaar en keer dat ons oor boord gaan met bederfies af en toe. Daagliks doen ons ''n vinnig half uur drafstaf in ons etes tyd.

Jammer dis baie informasie in ''n kort tydjie, maar dis waar ek myself tans bevind. Is afgeboek vir 3dae met sinusitus... Gaan Donderdag weer werk toe. Die peusel wurm is lastig hier by die huis. Slaap en eet te veel, maar bly positief dat ek 3kg sal af wees wanneer ek weer gaan weeg.

Mis hierdie forum baie. Moet defnitief tyd maak en meer gereeld kom inloer. Enige ander suksesse en tips, altyd welkom. Veral voor die troue

Lekker bly.

Groete,
Helena

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Helena
Wel, dit was nou 'n lang breek! Welkom terug! Maar watter goeie nuus vertel jy vir my - jy gaan trou in April 2013 en jy is ook bevorder by die werk. Well done! Ek is baie bly dat jou dieetkundige met jou streng praat want jy het nou 'n wonderlike rede om gewig te verloor en so mooi as moontlik te lyk oor 5 1/2 maande - Die Troue! Wees dus super gedissiplineerd en volg jou dieet en doen daardie oefeninge. Die dans klink wonderlik - een van die dae is jy en manlief op 'So you think you can dance!'. 'n Dieetmaat is altyd goed aangesien dit help om die versoeking te weerstaan. Word nou gou gesond van die sinusitis en hou my asb op hoogte van sake - maar moenie so lank tussen berigte wag nie!
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2012/10/31

Beste Helena
Wel, dit was nou 'n lang breek! Welkom terug! Maar watter goeie nuus vertel jy vir my - jy gaan trou in April 2013 en jy is ook bevorder by die werk. Well done! Ek is baie bly dat jou dieetkundige met jou streng praat want jy het nou 'n wonderlike rede om gewig te verloor en so mooi as moontlik te lyk oor 5 1/2 maande - Die Troue! Wees dus super gedissiplineerd en volg jou dieet en doen daardie oefeninge. Die dans klink wonderlik - een van die dae is jy en manlief op 'So you think you can dance!'. 'n Dieetmaat is altyd goed aangesien dit help om die versoeking te weerstaan. Word nou gou gesond van die sinusitis en hou my asb op hoogte van sake - maar moenie so lank tussen berigte wag nie!
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement