advertisement
Question
Posted by: FRANCES | 2009/12/14

INSULIEN WEERSTANDIGHEID newe effekte

Ek vermoed ek is insulien weerstandig - 37 jaar oud en ' n vrou wat die afgelope 2 jaar sukker met gewigsverlies. nooit was dit vir my probleem gewees nie - oefen die afgelope 18 mnde en word beskou as fiks MAAR VERLOOR NIKS GEWIG NIE. Inteendeel my gewig het opgetel. My borste het vergroot van ' n B na ' n E en teen 5 uur die middag hou geen bra my borste meer in plek nie. As ek draf moet ek 2 sportbra' s oor mekaar aantrek anders het ek baie pyn en dit is vrek ongemaklik. Het April mnd mamogram gehad wat niks abnormaal gewys het nie. Ek het ook geen seksdrang nie en sukkel ook met candida infeksies . ek het ook ' n rolletjie om my maag wat geen maag oefening kleiner maak nie. Kan die simptome alles op insullien weerstandigheid dui? Ek is desperaat voel of my lewe uit mekaar val> 

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Frances
Ek dink jy moet jou vastende suikervlakke, insulien vlakke en skildklier laat toets. Dit kan so iets wees. Mens se metabolisme verstadig ook soos jy ouer word en mens moet met ouderdom minder kaloriee inneem al oefen jy.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Bella | 2014/07/02

Goeie more Ek is al vir maklik 20 jaar insulien weerstandige diabeet. Ek sukkel met insulien my liggam kry elkers teen reaksies op insilien? Ek spuit tans 40 eenhede levimir soggens en saans en 20 eenhede novorapid 3x perdag? My gewig is 115 kg? My probleem nou is ek begin met baie erge krampe in my bene snags veral dis bo in my bene die diep diep liggende spiere? Die krampe wissel van 15 - 30 min ek kan nie loop nie my bene pyn dan te veeel? Ek het nou vir week nie gespuit nie en die krampe was iets van die verlede! Ek het 4:14 gespuit omdat ek bitter baie sleg gevoel het. My suiker was HOOG bo 33.3. Ek het nou 6:15 wakker geword weer met vreeslike krampe in my bene? Kan dit weer teenreaksie wees vir die insulien? Moet ek dalk van insuliene verander? Ek gebruik al vir 3 jaardieselfde insulien my suiker vlak is gemiddeld 15? Help asb ek wil mal raak van die krampe?

Reply to Bella
Posted by: ESMARI SMIT | 2010/03/26

Ek het verlede jaar mei vir invitro gegaan, en my vastende insulien was 17, maar my bloedsuiker is normaal. Ek sukkel aan en af met ''n dronk gevoel in my kop, voel of ek gaan vlou word, maar ek word nie vlou nie, die laaste maand is dit baie erg. Het bloedsuiker en skildklier verlede week getoets, normaal. Sukkel geweldig met sinus drip, ore is baie gevoelig, maar as dr kyk sien hy nie fout van buite af nie, kan iemand my help of sê  wie ek moet gaan sien asb. Die aarde draai letterlik, dit is partykeer so erg dat alles swart word voor my, dat ek voel ek verloor my balans, ek moet daan aan iets vashou om nie te val nie, so voel dit. Dankie Esmari

Reply to ESMARI SMIT
Posted by: cyberdoc | 2009/12/14

Hallo Frances
Ek dink jy moet jou vastende suikervlakke, insulien vlakke en skildklier laat toets. Dit kan so iets wees. Mens se metabolisme verstadig ook soos jy ouer word en mens moet met ouderdom minder kaloriee inneem al oefen jy.
Dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement