advertisement
Question
Posted by: Desirè  | 2012/04/17

Insulien weerstandigheid

Geagte Dokter.
Baie dankie vir die tyd wat u neem om elkeen se vraag te beantwoord. Ek is 32 jaar oud, 1.52 m, en weeg tans 80.8 kg/
Ek is insulien weerstandig en probeer nou gewig verloor, ek het suiker uitgesny(Coke, en tafel suiker) probeer gesonder eet, maar ek ‘ kroek’  ook maar baie, ek gebruik ook vir omtrent n maand nou n dieet pil met die naam Botanical slimming,en het amper 5 kg verloor. Wat ek wil weet is: as jy insulien weerstandig is, help dieetpille om jou gewig te laat verloor?ek probeer regtig ook beter keuses maak as dit by kos kom, maar ek voel sommige dae die hele tyd honger.Ek eet Special K graankos in die oggend, dan n happie, soos n appel of n volkoring broodtjie, dan vir middag ete weer Special K, en later weer n happie, in die aand eet ek wat ookal ons gesin gaan eet.
Is daar spesifieke kosse wat ek moet eet/uitskakel om te help met die insulienweerstandigheid en die ‘ crave’  na soetgoed? En waar kan ek lys van toelaatbare kosse kry? Ek drink canderel in my koffie en tee. Ek drink ook 2x per dag glukopage 500. Baie dankie vir u tyd en raad.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Desire

Glucophage is die korrekte behandeling vir jou toestand. Gewigsverlies is die vereiste om ontslae te raak van insulien weerstandigheid. Ek stel voor dat jy 'n dieetkundige vir 'n eetplan konsulteer. Jy moet ook ten minste 5 keer per week vir 45 minute strawwe kardiovaskulere oefening doen, aangesien dit die enigste manier sal wees om jou korrekte gewig te bereik en om dit af te hou. Moenie gou probeer gewig probeer verloor nie. Verander jou leefstyl.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement