advertisement
Question
Posted by: nana | 2009/08/06

insulien weerstandigheid

Goeienaand dokter Bets,
Ek is verlede week getoets vir verskillende goeters, o.a. insulien-weerstandigheid. My dokter het vandag gebel en gese dat my insulienvlakke te hoog is, maar nie medikasie benodig nie.
Wat beteken dit in leketaal, en is dit die rede vir my oorgewig, droe mond in die nag en wat is die pad vorentoe?
Dankie vir u raad....

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Nana
Jammer dat ek nou eers antwoord. Jy het dalk pre-diabetes, maw dit is nog nie diabetes nie , maar die vlakke is effens verhoog. Jy moet nou al iets doen om te voorkom dat dit oorgaan in diabetes, en die beste dinge om te doen is om 'n lae suiker, lae vet, baie groente en vrugte, hoe vesel dieet te eet, met oefening elke dag vir 20 minute ( iets soos stap of draf) om jou insulienweerstandigheid tee te werk. As jy oorgewig is, sal dit ook help as jy gewig verloor.
dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement