advertisement
Question
Posted by: nicolette | 2010/12/09

insulien weerstandig en skildklier

ek het die afgelope 2 maande sonder enige rede net gewig opgetel al eet ek nogal gesond en oefen elke dag kardio en vry gewigte en sommige dae spin ek , ek is dokter toe en het eers simpel gevoel uhm dok ek tel gewig op en weet nie hoekom nie gelukkg ken my dok my en weet ek oefen gereeld bloed toetse het gewys ek is insulien weerstandig en my skildklier funksioneer nie eintlik soos dit moet nie ek het begin met doitroxin en 500mg metformin 2x pdag wat ek eintlik wil weet is sal my gewig stabiliseer en uiteindelik die ekstra verloor? ek is 38 1 78 en weeg tans n ongelooflike 82kg!en het altyd 72kg geweeg

en is daar n spesikieke dieet wat ek moet volg ek probeer lae gi eet en suiker uitsny

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Nicolette
Jy het presies die regte ding gedoen deur jou dr te raadpleeg, want sulke skielike gewigstoename (10 kg in 2 maande) sonder enige ooglopende oorsaak is altyd rede tot kommer - iets moet iewers verkeerd wees. En dit het toe wel so uitgedraai. Ek is jammer om te hoor van die onderaktiewe skildklier en die insulienweerstandigheid, maar met die korrekte medikasies soos die dr nou al vir jou voorgeskryf het, gereelde kardio-oefening soos jy ook alreeds doen en die korrekte dieet (lae-vet, lae-GI) sal jy eerstens begin gewig verloor en jou laer gewig dan weer kan handhaaf. Die lae-vet, lae-GI dieet kan soms bietjie moeilik wees om toe te pas, maar jy kan boeke bestel soos "The South African Glycemic Index & Load Guide" deur Gabi Steenkamp en Liesbet Delport wat jy op die Webwerf van die “GI Foundation” by: www.gifoundation.com sal kan aankoop vir R100.00. Klik ook op 'DietnFood' bo aan hierdie bladsy en dan op 'Weight loss' en dan op 'The Glycaemic Index' om artikels oor hierdie onderwerp te lees. Indien jy vind dat jy sukkel om die dieet self toe te pas, sal ek aanraai dat jy 'n geregistreerde dieetkundige spreek. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal jou dan help met 'n individuele dieetvoorskrif vir insulienweerstand.
Neem jou medikasies, hou aan met die oefening, en gebruik die lae-vet, lae-GI dieet en jy sal wel weer ‘n mooi BMI van 22,7 hê.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2010/12/10

Beste Nicolette
Jy het presies die regte ding gedoen deur jou dr te raadpleeg, want sulke skielike gewigstoename (10 kg in 2 maande) sonder enige ooglopende oorsaak is altyd rede tot kommer - iets moet iewers verkeerd wees. En dit het toe wel so uitgedraai. Ek is jammer om te hoor van die onderaktiewe skildklier en die insulienweerstandigheid, maar met die korrekte medikasies soos die dr nou al vir jou voorgeskryf het, gereelde kardio-oefening soos jy ook alreeds doen en die korrekte dieet (lae-vet, lae-GI) sal jy eerstens begin gewig verloor en jou laer gewig dan weer kan handhaaf. Die lae-vet, lae-GI dieet kan soms bietjie moeilik wees om toe te pas, maar jy kan boeke bestel soos "The South African Glycemic Index & Load Guide" deur Gabi Steenkamp en Liesbet Delport wat jy op die Webwerf van die “GI Foundation” by: www.gifoundation.com sal kan aankoop vir R100.00. Klik ook op 'DietnFood' bo aan hierdie bladsy en dan op 'Weight loss' en dan op 'The Glycaemic Index' om artikels oor hierdie onderwerp te lees. Indien jy vind dat jy sukkel om die dieet self toe te pas, sal ek aanraai dat jy 'n geregistreerde dieetkundige spreek. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal jou dan help met 'n individuele dieetvoorskrif vir insulienweerstand.
Neem jou medikasies, hou aan met die oefening, en gebruik die lae-vet, lae-GI dieet en jy sal wel weer ‘n mooi BMI van 22,7 hê.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.