advertisement
Question
Posted by: Desirè  | 2012/04/17

insulien weerstandig

Geagte Dokter.
Baie dankie vir die tyd wat u neem om elkeen se vraag te beantwoord. Ek is 32 jaar oud, 1.52 m, en weeg tans 80.8 kg/
Ek is insulien weerstandig en probeer nou gewig verloor, ek het suiker uitgesny(Coke, en tafel suiker) probeer gesonder eet, maar ek ‘ kroek’  ook maar baie, ek gebruik ook vir omtrent n maand nou n dieet pil met die naam Botanical slimming,en het amper 5 kg verloor. Wat ek wil weet is: as jy insulien weerstandig is, help dieetpille om jou gewig te laat verloor?ek probeer regtig ook beter keuses maak as dit by kos kom, maar ek voel sommige dae die hele tyd honger.Ek eet Special K graankos in die oggend, dan n happie, soos n appel of n volkoring broodtjie, dan vir middag ete weer Special K, en later weer n happie, in die aand eet ek wat ookal ons gesin gaan eet.
Is daar spesifieke kosse wat ek moet eet/uitskakel om te help met die insulienweerstandigheid en die ‘ crave’  na soetgoed? En waar kan ek lys van toelaatbare kosse kry? Ek drink canderel in my koffie en tee. Ek drink ook 2x per dag glukopage 500. Baie dankie vir u tyd en raad.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Desire
Dankie vir jou mooi woorde wat my inspireer om al die vrae te beantwoord. Aangesien jy met insulienweerstand (IW) gediagnoseer is, sal ek graag aanbeveel dat jy 'n geregistreerde dieetkundige raadpleeg. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal 'n lae-vet, lae-glisemiese indeks (GI) dieetvoorskrif vir jou uitwerk sodat jy die probleem met jou insulienvlakke kan bekamp en ook gewig kan verloor. Klik ook op 'Diet & Nutrition' bo aan hierdie bladsy en dan op 'Weight loss' en dan op 'The Glycaemic Index' om artikels oor hierdie onderwerp te lees. Gereelde, daaglikse oefening vir ten minste 30 minute soos flink stap, sal ook baie help vir die bloedglukose- en die insulienprobleme. As ek so kyk na die kosse wat jy lys, dan is die Special K nie geskik vir persone met IW nie aangesien dit 'n hoë GI van 89 het - All Bran met lae-vet of vetvrye jogurt of melk is 'n baie beter lae-vet, lae-GI keuse. Dit geld ook vir die volkoringbrood met sy GI van 70. Lae GI brood sal 'n beter opsie wees omdat dit jou baie langer laat versadig voel en dit beteken minder honger en minder 'kroek'. Jy kan die 'South African Glycemic Index & Load Guide' op die Webwerf van die SA Glycemic Index Foundation by www.gifoundation.com bestel.
Sterkte vorentoe
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2012/04/17

Beste Desire
Dankie vir jou mooi woorde wat my inspireer om al die vrae te beantwoord. Aangesien jy met insulienweerstand (IW) gediagnoseer is, sal ek graag aanbeveel dat jy 'n geregistreerde dieetkundige raadpleeg. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal 'n lae-vet, lae-glisemiese indeks (GI) dieetvoorskrif vir jou uitwerk sodat jy die probleem met jou insulienvlakke kan bekamp en ook gewig kan verloor. Klik ook op 'Diet & Nutrition' bo aan hierdie bladsy en dan op 'Weight loss' en dan op 'The Glycaemic Index' om artikels oor hierdie onderwerp te lees. Gereelde, daaglikse oefening vir ten minste 30 minute soos flink stap, sal ook baie help vir die bloedglukose- en die insulienprobleme. As ek so kyk na die kosse wat jy lys, dan is die Special K nie geskik vir persone met IW nie aangesien dit 'n hoë GI van 89 het - All Bran met lae-vet of vetvrye jogurt of melk is 'n baie beter lae-vet, lae-GI keuse. Dit geld ook vir die volkoringbrood met sy GI van 70. Lae GI brood sal 'n beter opsie wees omdat dit jou baie langer laat versadig voel en dit beteken minder honger en minder 'kroek'. Jy kan die 'South African Glycemic Index & Load Guide' op die Webwerf van die SA Glycemic Index Foundation by www.gifoundation.com bestel.
Sterkte vorentoe
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.