advertisement
Question
Posted by: Annemarie | 2011-01-12

Insulien weerstandig

Diet doc
Nuwe jaar, nuwe diet. Ek het so week terug al die nodige bloedtoetse gaan doen om te kyk of alles nog in orde is. Cholestrol, skuldklier, insulien ensovoorts. My Cholestrol vlak staan op 5. My bekommernis is egter dat my vastende insulienvlak op 14,2 staan. Gun wonder ek stap net verby n rak resepte boeke en tel gewig op nie. Net sodra ek dink ek is af dan is ek weer op. Dokter het op my aandring vir my 500mg Glugophase voorgeskryf. Wil weet of dit werklik magic gaan doen. Dokter het ook aanbeveel dat ek op die low GI dieet gaan en oefen oefen oefen. Ek is 35 en is so 12 kg oorgewig. Ek is maar net moedeloos. Dan wil ek weet of dit raadsaam is om die volgende pille saam met Glucophage te gebruik:
Kelp
Zinc
Probiotic 9 strains
AntaGolin
Dit is nou of nooit!!!!!!!! Dit is n belofte wat ek aan myself gemaak het.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Annemarie
Dit is goed dat jy die Nuwe Jaar so verstandig begin. Jou hoë insulienvlak dui wel op insulien-weerstandigheid (IW) en alhoewel die Glucophage sal help, is dit onontbeerlik dat jy 'n geregistreerde dieetkundige moet spreek vir 'n individuele dieetvoorskrif. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal jou help met 'n lae-vet, lae-GI (GI = glisemiese indeks) dieet. Verder kan jy op klik ook op 'DietnFood' bo aan hierdie bladsy en dan op 'Weight loss' en dan op 'The Glycaemic Index' om artikels oor hierdie onderwerp te lees. Jy kan ook boeke bestel soos "The South African Glycemic Index & Load Guide" deur Gabi Steenkamp en Liesbet Delport wat jy op die Webwerf van die “GI Foundation” by: www.gifoundation.com kan aankoop vir R100.00. Ek stem saam met die dr dat oefening een van die heel beste faktore is om insulienvlakke en gewig te verlaag. Kelp is net nodig as jy aan 'n tekort aan skildklierhormoon ly, en dit is tog nie die geval nie. Die sink en die probiotika behoort jou algemene gesondheid en immuniteit op te bou. Wat die Antagolin aanbetref, sal ek jou aanraai om die gebruik daarvan eers te bespreek met jou dokter of apteker aangesien die kombinasie van Glucophage en Antagolin moontlik kan lei tot oormatige verlaging van jou bloedsuikervlakke wat ook nie goed sal wees nie. Net omdat Antagolin van plantekstrakte gemaak is, beteken nie dat dit nie 'n kragtige effek kan hê nie. Gesels dus asb eers met die dr of jou apteker om te verhoed dat jy in 'n hipoglisemiese krisis beland.
Sterkte met die nuwe lewenswyse
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011-01-12

Beste Annemarie
Dit is goed dat jy die Nuwe Jaar so verstandig begin. Jou hoë insulienvlak dui wel op insulien-weerstandigheid (IW) en alhoewel die Glucophage sal help, is dit onontbeerlik dat jy 'n geregistreerde dieetkundige moet spreek vir 'n individuele dieetvoorskrif. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal jou help met 'n lae-vet, lae-GI (GI = glisemiese indeks) dieet. Verder kan jy op klik ook op 'DietnFood' bo aan hierdie bladsy en dan op 'Weight loss' en dan op 'The Glycaemic Index' om artikels oor hierdie onderwerp te lees. Jy kan ook boeke bestel soos "The South African Glycemic Index & Load Guide" deur Gabi Steenkamp en Liesbet Delport wat jy op die Webwerf van die “GI Foundation” by: www.gifoundation.com kan aankoop vir R100.00. Ek stem saam met die dr dat oefening een van die heel beste faktore is om insulienvlakke en gewig te verlaag. Kelp is net nodig as jy aan 'n tekort aan skildklierhormoon ly, en dit is tog nie die geval nie. Die sink en die probiotika behoort jou algemene gesondheid en immuniteit op te bou. Wat die Antagolin aanbetref, sal ek jou aanraai om die gebruik daarvan eers te bespreek met jou dokter of apteker aangesien die kombinasie van Glucophage en Antagolin moontlik kan lei tot oormatige verlaging van jou bloedsuikervlakke wat ook nie goed sal wees nie. Net omdat Antagolin van plantekstrakte gemaak is, beteken nie dat dit nie 'n kragtige effek kan hê nie. Gesels dus asb eers met die dr of jou apteker om te verhoed dat jy in 'n hipoglisemiese krisis beland.
Sterkte met die nuwe lewenswyse
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.