advertisement
Question
Posted by: Sproetjies | 2010/08/18

Insulien weerstandig

More dokter,

Ek wil net asb U raad hê . Ek het in Februarie vir ''n gynae check-up gegaan en sy het my insulien laat toets. Ek het gekla ek sukkel met my gewig na my kind se geboorte en ek is konstant lus vir soetgoed.

Dit was so 22 en sy het gese dat ek insulien weerstandig is (is die getal baie hoog???). Sy het my net gebel en gese ek moet vir my ''n afspraak by ''n dieetkundige maak. Ek het dit gedoen en die dieetkundige het vir my ''n dieet uitgewerk, wat ek vir so maand gevolg het en toe val ek maar weer in die verkeerd-eet proses.

My vraag is maar net, moes ek nie op iets soos Glucophage gegaan het nie? (my pa drink dit, want hy is ''n diabeet)

Huidiglik eet ek verkeerd (en ek weet dit!), maar ek voel ook deesdae baie sleg. Ek wil nou weer gesonder eet maar wonder of ek dalk nie ook Glucophage sal moet neem nie?

Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Sproetjies
Insulien weerstandigheid is nog nie diabetes nie, en gereelde oefening en reg eet is die basis van behandeling. Mens kan Glucophage neem as dit nie help nie, maar onthou Glucophage het ook newe effekte en daar is kostes aan verbonde, en dit is 'n chroniese medisyne.
http://diabetes.niddk.nih.gov/dm/pubs/insulinresistance/
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2010/08/18

Hallo Sproetjies
Insulien weerstandigheid is nog nie diabetes nie, en gereelde oefening en reg eet is die basis van behandeling. Mens kan Glucophage neem as dit nie help nie, maar onthou Glucophage het ook newe effekte en daar is kostes aan verbonde, en dit is 'n chroniese medisyne.
http://diabetes.niddk.nih.gov/dm/pubs/insulinresistance/
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement