advertisement
Question
Posted by: Nina | 2009/01/26

Insulien weerstandig

Ek het onlangs in ' n tydskrif gelees dat ' n persoon wat insulien weerstandig is baat vind by ' n hoë r protein en vet dieet en hul koolhidrate moet beperk. Hoeveel porsies koolhidrate is aanvaarbaar en wat is die persentasie protein en vet wat toelaatbaar is?

Al die verskillende sienings rondom insulienweerstandigheid is werklik verwarrend.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Nina
Persone wat aan insulienweerstand (IW) ly, moet kosse met 'n lae glisemiese indeks (GI) eet en dit beteken dat hulle wel koolhidrate mag eet, maar dat hulle moet konsentreer om koolhidrate te eet wat 'n lae-GI het (bv. hoë-vesel ontbytgrane, bruin rys, groente, lae-GI brood, ens). Die porsies koolhidraat, proteïen en vet bly dieselfde as vir enige ander persoon wat nie aan IW ly nie. As jy aan IW ly, sal ek jou aanraai om 'n kliniese dieetkundige te spreek. Besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om die naaste dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal 'n 'n lae-vet, lae glisemiese indeks (GI) dieet vir jou uitwerk wat dan jou bloedglukose en -insulienvlakke verbeter en gewigsverlies (indien nodig) tot gevolg sal hê. Kliek op 'Diet' en 'Weight loss' en 'The Glycaemic Index' en lees die artikels oor die GI. Daarbenewens sal daaglikse aërobiese oefening (flink stap, fietsry, swem, touspring, aansluit by 'n goeie gimnasium of Walk for Life) vir 30 of meer minute per dag, ook baie help om die toestand te normaliseer en dan ook gewigsverlies veroorsaak.Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement