advertisement
Question
Posted by: Leonie | 2008/09/03

INSULIEN VLAKKE



Geagte Diet Doc

Ek het die afgelope 14 dae Fase 1 van die South Beach Dieet gevolg. Toe ek begin het was my insulien vlakke 13.7 ek het vanoggend my vlakke laat meet en was baie verbaas toe ek my insulien uitslae gekry het dit is soos voorspel deur Dr. Agatston skrywer van die dieet normaal dit is nou 8.4. Ek het van vandag af die lae GI laer vet dieet begin volg en wil nou graag die 3 appels n dag inkorpereer, sal appels wat 90g/100g weeg genoeg wees. Ontbyt: 1 appel, snytjie heelgraan lae gi brood, 30g lae vet kaas en n koppie vetvrye melk. Ek vervang die kaas af en toe met gekookte eier en af en toe vervang ek die brood met oats gaar gemaak in vetvrye melk geen suiker en sodra dit gaar is gooi ek 30ml rou growwe oatbran in, ek sal dit elke 2 de oggend eet.

snack: 15 Neute met n vetvrye yoghurt

Middagete: 1 appel, groenslaai met hoender of tuna of maer biefstuk

Snack: 3 Provita' s met 30g koue vleis

Aandete: 120g hoender of vis of maer vleis, groente en n appel en n paar aarbeie

Sal die bogenoemde dieet my insulien vlakke normaal hou?
My cholesterol vlakke is af, ek sukkel net om my goeie vlakke op te kry, ek eet reg drink 3 keer per dag omega 3. DIe HDL is tussen .80 dan weer op na 1.00 ek kry dit net nie op nie. Ek eet af en toe Tuna en pilchards en ander vis. Ek gaan 4-5 keer per week gym toe ek stap ek het n power plate masjien by die huis en doen 10min daarop ten minste 4 -5 keer per week.

Ek gebruik net vetvrye en lae vet bestandele, kook net met n bietjie olyf olie. Eet gereeld advokado saam met my slaai.

is 100% rogbrood beter as growwe lae GI brood?

Ek sal u raad weereens waardeer. Ek lees graag u artikels en goeie raad aan almal

Dankie

Groete

Leonie




Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Leonie
Baie dankie vir die mooi woorde. Ek is bly om te verneem dat jou insulien so mooi afgekom het. Die lae-GI-dieet wat jy beskryf sal wel jou insulienvlakke laag hou. Wat die HDL-cholesterol betref, behoort die gebruik van mono-onversadigde vette soos die olyfolie en die avokado oor tyd help om dit te laat verbeter. Maar gee asb jou liggaam kans om aan te pas. Die gereelde oefening is uitstekend en sal baie bydra tot normalisering van jou insulien- en cholesterolvlakke. 100% rogbrood en growwe lae-GI brood is ewe goed.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Aloma | 2008/11/25

DietDoc

Ek het vandag gehoor dat my cholesterolvlak 8.2 is, en my dood geskrik. My geneesheer sal nou nog ' n toets doen om te bepaal wat die slegte en goeie vlakke is. Ek het so twee maande gelede begin oefen en stap daagliks 2km langs die strand af, ek is bly dat ek op hierdie " site"  afgekom het en sal meer dikwels deelneem aan gesprekke om my kennis omtrent Cholesterol te kan verbeter. U brief aan Leoni het al klaar vir my gehelp, baie dankie.

By Voorbaat
Aloma

Reply to Aloma

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement