advertisement
Question
Posted by: J | 2009/04/08

Insulien

My seun is baie oorgewig en is tans onder behandeling by ' n endokronoloog. Hy is toe getoets vir insulien weerstandingheid (ook omrede daar ' n sterk familie geskiedenis is tov diabetes). Die bloedtoetse het oorweldigende bewyse gelewer van insulien weerstandigheid.

Ek sal graag presies wil verstaan hoe insulien weerstandigheid oorgewig kan veroorsaak. Ek verstaan dat insulien die glukose uit die bloed haal, maar nog steeds verstaan ek nie hoe insulien weerstandigheid kan veroorsaak dat ' n persoon oorgewig word nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo J
Die maklikste om dit te verduidelik: Insulien is soos 'n sleuteltjie wat die deur oopsluit vir die suiker ( wat jy deur kos absorbeer uit die derm in die bloed in) om uit die bloed in die selle te gaan dat dit gebruik kan word vir energie. Mense met diabetes het te min insulien ( so kan nie die deur oopsluit nie, en dan bly die suiker hoog in die bloed) Mense met insulien weerstandigheid, het genoeg insulien maar die slot werk nie so lekker nie, so die insulien kry nie die deur oop nie! Dit veroorsaak hoë bloedsuiker wat meer insulien afskeiding stimuleer, en dit mag die liggaam se vermoë om kaloriee te gebruik negatief beinvloed wat dan tot vetsug lei. Vetsug lei weer tot meer insulien weerstandigheid ( soos die hoender en eier storie) Wat ons weet is dat mense wat oefen en gewig verloor se insulien weerstandigheid ook afneem, maar soms moet hulle ook diabetiese pille soos Glucophage gebruik.

Sien ook http://diabetes.webmd.com/guide/insulin-resistance-syndrome
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement