advertisement
Question
Posted by: Jenn | 2012/10/08

Instand Noodles en kleiner etes

Hallo Dok

Ek het onlangs my eetgewoontes drasties verander. Tydens swangerskappe het ek basies geeet wat ek wou en het nie te veel gewig opgetel nie, maar nou na die tyd het ek aangehou ongesond en te veel eet dat ek nou baie gewig opgetel het. Ek is 1.56m in lengte en weeg 68. Ek het nou in ''n week se tyd omtrent 1kg afgeval vandat ek begin het met my nuwe roetine.

Ek doen die 5 kleiner etes per dag en stap/draf in die aande vir 30 minute. Ek is ook by Curves en vervang dus soms die stap vir ''n Curves sessie.

Wat ek verlede week geeet het:

08:30 Granola Smoothie of 2 weetbix en ''n vrug

11:00 vrugte slaai met Jogurt of 2 crackerbreads/provitas met kaas of tuna.

13:30 Sop met 4 provitas, of tuna/hoender slaai.

16:00 selfde soos 11 uur hang af wat ek 11 uur gehad het.

19:00 Wat ookal ek vir my familie kook maar minder en eerder met groente of slaai in plaas van aartappels en chips as ek dit bedien.

Dit vat my vreeslik lank om al die kosse vir die dag te beplan en seker te maak ek het alles vir die dag dat ek nou en dan net iets makliker wil ingooi.
Kan ek my middagetes ''n broodjie met ''n goeie vulsel maak soos tuna/hoender of slaaibroodjie (volgraan brood) en wat dink dok van instand noodles. Ek is mal daaroor en het altyd voorheen vir my die kerrie een gemaak met stukkies hoender en ''n salsa daarin. Is dit regtig so ongesond vir ''n middag ete? Ek kan nie elke naweek ''n pot sop kook nie en wil nie elke middag ''n broodjie eet nie.
kan ek ook elke dag ''n halwe hand vol rosyne eet want ek het ook ''n ystertekort maar eet nie lewer ens. nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Jenn
Jy is op die regte pad aangesien jy nou baie gesonder eet en elke dag ook oefen. Jy kan gerus 'n toebroodjie gemaak van volgraanbrood of lae-GI brood of rogbrood saam met hoendervleis of tuna of vet-vrye maaskaas of gekookte eier en 'n rou slaai vir middagete eet. Wat kits noedels aanbetref, behoort dit ook as 'n middagete te kan dien, maar onthou dit bevat besonder baie sout (natrium) en dit het nie 'n lae-GI nie, dus kan dit jou maklik weer laat honger voel en dit kan lei tot ooreet en inname van die verkeerde kosse. Jou plan om die noedels met stukkies hoender en salsa of slaai te eet is goed, aangesien die ander kosse die GI van die maaltyd sal verlaag en jou langer versadig sal hou. Rosyne is gesond en kan help met 'n ystertekort, maar dit bevat 1253 kJ per 100g - eet dus klein hoeveelhede soos 30g per dag. Ander kosse wat yster bevat, is rooi vleis, vis, pluimvee, en eiergeel. Dit mag ook raadsaam wees om 'n ysteraanvulling te gebruik terwyl jy hierdie dieet gebruik om gewig te verloor.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2012/10/08

Beste Jenn
Jy is op die regte pad aangesien jy nou baie gesonder eet en elke dag ook oefen. Jy kan gerus 'n toebroodjie gemaak van volgraanbrood of lae-GI brood of rogbrood saam met hoendervleis of tuna of vet-vrye maaskaas of gekookte eier en 'n rou slaai vir middagete eet. Wat kits noedels aanbetref, behoort dit ook as 'n middagete te kan dien, maar onthou dit bevat besonder baie sout (natrium) en dit het nie 'n lae-GI nie, dus kan dit jou maklik weer laat honger voel en dit kan lei tot ooreet en inname van die verkeerde kosse. Jou plan om die noedels met stukkies hoender en salsa of slaai te eet is goed, aangesien die ander kosse die GI van die maaltyd sal verlaag en jou langer versadig sal hou. Rosyne is gesond en kan help met 'n ystertekort, maar dit bevat 1253 kJ per 100g - eet dus klein hoeveelhede soos 30g per dag. Ander kosse wat yster bevat, is rooi vleis, vis, pluimvee, en eiergeel. Dit mag ook raadsaam wees om 'n ysteraanvulling te gebruik terwyl jy hierdie dieet gebruik om gewig te verloor.
Groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement