advertisement
Question
Posted by: Cornel | 2010-03-20

Insomnia

Hi Doc,

Dis 1 uur die oggend en ek kan nie meer verder slaap nie. Wat gaan aan met my? Ek het net na 8 gister-aand my medikasie geneem: Stillnox 12,5 en die GP het die vorige dag my Aterax opgeskuif na 75mg en ek het dit geneem en iewers aan die slaap geraak en hier sit ek: wawyd wakker. Ek het selfs die natuurlike-slaap-patroon gedoen van bad, tee drink en piesang eet.

Dis net die laaste 4 aande ewe skielik wat die Stillnox my nie deur die nag laat slaap nie.

Ek gaan nou weer Stillnox vat en hopelik slaap ek darem tot almal wakker word. Ek is net bang vir OD op slaappille.

Maar wat nou? Ek sal seker moet wag tot uitslae Dinsdag, maar wat moet ek doen om net weer te kan slaap. Op hierdie oomblik is my gewrigte en lyf seer en massiewe hoofpyn en sweterig en ek weet nie of ek koud of warem moet kry nie, maar ek is nie angstig nie wnt my HR is nogal normaal.

wat kan ek doen om net ''n normale nag se rus in te kan kry. Verlede week nog het 1 Aterax en Stillnox my reg deur die nag gehelp.

Nou wat nou:?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Cornel

Stilnox is 'n produk wat jou help om aan die slaap te raak. Dit werk net vir plus minus twee tot vier uur. Ek stel dus voor dat jy later in die aand gaan slaap en die Stilnox en Aterax neem wanneer jy in die bed klim. Stilnox mag nie voor die tyd geneem word nie. Ander faktore soos pyn kan ook slapelose nagte veroorsaak. Vra jou GP vir goeie pyn medikasie sodat pyn verligting verkry word.

Sterkte en groete

Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement