Expert's Reply
A.
Paediatrician
Die algemeenste rede vir wat u beskryf is 'n tipe allergiese reaksie teen 'n verskeidenheid insekbyte, bekend as "papulêre urtikarie". Daar is nie veel wat 'n mens hieraan kan doen, buiten om die insekbyte te voorkom (bv. gebruik 'n muskietnet in die somer) en andersins simptomatiese verligting te verskaf deur 'n anti-histamien of steroid salf aan te wend nie. Dit is belangrik om te voorkom dat kinders dit krap en dit dan geinfekteer word, maar ek besef dit is soms moeilik. Indien u kind enige ander simptome toon of siek is hiermee saam, moet dit evalueer word.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal
advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or person harm you may suffer resulting from making use of this content.