advertisement
Question
Posted by: Lin | 2011/08/23

Inflammasie belemmer oefening

Ek het ''n paar maande gelede skiatiese inflammasie ontwikkel. Na vele doktersbesoeke en inspuitings, het die inflammasie opgeklaar. Ek was so opgewonde, omdat ek weer kon begin oefen het. Ek het weer begin gim, waar ek draf en fietsry en oefeninge met gewigte doen.

Die skiatiese inflammasie (vanaf my laerug tot onderste deel van my bobeen) het egter die laaste paar dae terug gekom. Ek wil nie weer ophou oefen nie, want ek wil graag gewig verloor en fiks word.

Hoe kan ek my dieet aanpas, indien ek nie kan oefen nie? Of hoe kan ek gewigstoename verhoed? Ek eet nie juis vleis nie en beperk my styselinname. Ek is 1.72m lank en week 49kg. Die afgelope ruk (2 maande) het ek ongeveer 2kg opgetel en wil dit baie graag weer verloor!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Lin
Ek is jammer om te verneem van jou inflammasie - daar is niks wat mens so frustreer as wanneer jy wil oefen en deur so iets gestuit word nie. Ek het egter jou BMI uitgewerk en dit is tans 16,6 - mits die gewig (49 kg) en lengtemate (1.72 m) wat jy vir my genoem het, korrek is (????), is jou BMI bekommerniswaardig laag. Indien jy 'n volwasse vrou is, behoort jou BMI ten minste 20 te wees, waarvoor jy 59 kg sou moes weeg - 'n verskil van 10 kg meer. Jy moet onder Geen omstandighede nog gewig verloor nie. 'n BMI van 16,6 dui alreeds op 'n anorektiese toestand en jy behoort dus niks te doen wat gewigsverlies aanhelp nie. Probeer liewer om gewig op te tel om 'n normale volwasse gewig te bereik. Indien jy wel neigings tot anoreksie het, sal ek aanraai dat jy 'n geregistreerde dieetkundige spreek. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind.
Wees versigtig
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011/08/23

Beste Lin
Ek is jammer om te verneem van jou inflammasie - daar is niks wat mens so frustreer as wanneer jy wil oefen en deur so iets gestuit word nie. Ek het egter jou BMI uitgewerk en dit is tans 16,6 - mits die gewig (49 kg) en lengtemate (1.72 m) wat jy vir my genoem het, korrek is (????), is jou BMI bekommerniswaardig laag. Indien jy 'n volwasse vrou is, behoort jou BMI ten minste 20 te wees, waarvoor jy 59 kg sou moes weeg - 'n verskil van 10 kg meer. Jy moet onder Geen omstandighede nog gewig verloor nie. 'n BMI van 16,6 dui alreeds op 'n anorektiese toestand en jy behoort dus niks te doen wat gewigsverlies aanhelp nie. Probeer liewer om gewig op te tel om 'n normale volwasse gewig te bereik. Indien jy wel neigings tot anoreksie het, sal ek aanraai dat jy 'n geregistreerde dieetkundige spreek. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind.
Wees versigtig
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement